Toe’s dit tjips vir visplek

2012-08-26 21:34

Die donkerblou BMW 1-reeks word deur ’n sleepvoertuig uit die verwoeste viswinkel getrek.| Foto: Janine Thiart

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is steeds onduidelik wie agter die stuur was van die voormalige Springbok-heelagter Earl Rose se BMW toe dit in Gordonsbaai in die Wes-Kaap aan die verkeerde kant van die pad en oor ’n stopstraat gery het voor dit ’n vis-en-skyfie-winkel binnegejaag het.

Rose, sy vrou, Amor, en ’n onbekende passasier het al drie aan die bestuurderskant van die voertuig uitgeklim ná die ongeluk om 03:10 verlede Sondag.

Kringtelevisie-beelde wys hoe Rose se BMW 1-model in die vroeë oggendure met ’n stink spoed op die hoek van Sir Low­ry’s Pass-weg en Faure Marine-laan oor die stopteken en in die winkel injaag. Die Ooskus Vissery-gebou se struktuur het weens die slag in duie gestort.

Earl en Amor, asook ’n onbekende insittende het vyf minute vroeër van ’n nagklub in die nywerheidsgebied weggejaag ná ’n rusie met ’n rugbyspeler van die St. Georges-rugbyklub. ’n Veiligheidswag moes na bewering pepersproei gebruik om die partye in bedwang te bring.

Ao. November Filander, polisiewoordvoerder, sê Rose het ná die botsing buite die voertuig gestaan toe die polisie daar opdaag.

“Dit is toe dat hy aangedui het die vroulike bestuurder het die toneel ná die ongeluk verlaat.”

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word tans ondersoek. Geen alkohol-toetse is op die insittendes gedoen nie.

Gerrit Oosthuizen, van ’n sekuriteitsfirma in Gordonsbaai, was minute ná die ongeluk op die toneel en sê Amor het by hom hulp gesoek. “Rose het in uiters kru taal op haar geskreeu, waarop sy teruggeskreeu het: ‘Ek weet, ek weet!’”.

Sy het weggeloop en nie weer teruggekeer nie.

Die egpaar, wat in Desember getroud is, het die volgende dag verklarings by die polisie afgelê.

Volgens Raymond Goldberg, Ooskus-vissery se eienaar, beloop die skade sowat R200 000.

Earl Rose het eergister aan Rapport gesê hy spreek Sondag (vandag) ’n prokureur “voor die media my woorde verdraai”.

“Ek het geslaap toe die koerant bel en toe ek (Maandag) wakker word, sien ek die storie in die koerant.

“Nou sê hulle dat ék (die motor) gery het. Mense soek gereeld skoor.”

Volgens sy ma, Maurine, was haar seun “bloot in ’n doodgewone ongeluk en nou, oor dit Earl is, praat die mense weer”.

Haar man, Enver, sê hy sal slegs met die media gesels as hy vir hulle “uit die Bybel kan voorlees”.

Rose was in 2002 die skolerugbyspeler van die jaar en het onder meer vir die rugbyspanne van die Westelike Provinsie, die Stormers en Cats in die Super Rugby-reeks, asook die Goue Leeus en die Griekwas uitgedraf. Hy kon nie vanjaar ’n kontrak by die Southern Kings sluit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.