‘Toetse kan húlle uit tronk bevry’

2012-12-22 23:58

Om jou ma te help sterf en onskuldige mense uit die tronk te help kry, is allermins een en dieselfde ding, maar albei spreek tot prof. Sean Davison se begeerte om lyding te beëindig.

Daarom is dié Kaapse professor se nuwe “roeping” om DNS-toetse te gebruik om die onskuld te bewys van mense wat verkeerdelik skuldig bevind is aan misdade en om dié rede agter die tralies sit.

Davison, wat die hoof is van die forensiese laboratorium van die departement van biotegnologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en dr. Andra le Roux-Kemp, verbonde aan die sentrum vir mediese etiek en die reg aan die Universiteit van Stellenbosch, het nouInnocence Project South Africaop die been gebring om sulke mense te help.

Volgens Davison was dit blote toeval dat hy twee jaar gelede vir Le Roux-Kemp ontmoet het toe hy ’n lesing aangebied het oor die gebruik van DNS-toetse om misdade op te los wat dekades gelede gepleeg is.

Hulle het aan die gesels geraak oor mense wie se onskuld bewys is met DNS-toetse en oor die behoefte aan ’n nie-regeringsorganisasie wat mense kan help om hierdie tegnologie te gebruik om hul onskuld te bewys.

Davison is in November verlede jaar skuldig bevind dat hy sy ma, wat baie siek was weens kanker, in 2006 bygestaan het om te sterf.

“Wat ek gedoen het, was verkeerd wat die wet aanbetref,” sê Davison.

“Emosioneel het ek gevoel ’n skreiende onreg word teenoor my gepleeg. Ek vereenselwig dit met die kwesbaarheid wat iemand beleef wat verkeerdelik skuldig bevind word aan ’n misdaad.”

’n Uitvoerbaarheidstudie van ses maande is intussen gedoen en volgens Davison het dit getoon dat daar “ongetwyfeld” ’n behoefte is aan so ’n organisasie, gegewe die gebreke van die strafregstelsel en wetstoepassing.

“Onregmatige skuldigbevindings is nie denkbeeldige stories nie. Dit gebeur met ongelooflik baie mense,” sê Davison.

In Amerika het die Innocence Project reeds 301 mense gehelp om hul onskuld te bewys. 17 van hulle het die doodstraf afgewag.



Prof. Sean Davison help nou om mense se onskuld met DNS toetse te bewys wat verkeerdelik skuldig bevind is aan ernstige misdade. Hy is verlede jaar skuldig bevind dat hy sy ma bygestaan het om te sterf.| Foto: Nasief Manie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Justus Harding sê... Ek stem dat die Britte visums moet kry, waarom moet ons met ons groen ID (groen mamba) 'n hele boek invul met 3 maande se bankstate ens, om Brittanje te besoek - die Britse visums is ook nie goedkoop nie, dus ook 'n vorm van inkomste vir Suid Afrika. Ek reken daar moet behoorlik huiswerk gedoen teword rondom die punt voordat enige rigting ingelaan kan word. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.