Tronk toe ná haatmoord
2012-02-02 15:24
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Vier mans is Woensdag 18 jaar tronkstraf opgelê nadat hulle die 19-jarige lesbiër Zoliswa Nkonyana in 2006 met klippe doodgegooi het.
Lubabalo Ntlabathi, Sicelo Mase, Luyanda Londzi en Mbulelo Damba is in die Khayelitsh-streekshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Vier jaar van hul vonnis is opgeskort vir vyf jaar.
‘n Skare buite die hof het gejuig, gesing en gedans toe die mans gevonnis is.
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het versoek dat die mans elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word.
“Ons het die hof gevra om die mans tot niks minder nie as 15 jaar tronkstraf vir hierdie gruwelike misdaad te vonnis. Hulle het ‘n jong vrou vermoor omdat sy openlik as ‘n lesbiër gelewe het en hulle het nooit enige berou getoon of verantwoordelikheid aanvaar vir wat hulle gedoen het nie,” het Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, gesê.
“Slegs hul ouers het namens hulle om verskoning gevra en ons glo dat daar ‘n klein kans is dat hulle gerehabiliteer kan word.”
Vyf ander beskuldigdes is vrygespreek. - NUUS24
* Volg Rapport op Twitter
en Facebook