Tuks se Willie tel spies op teen aktivistegroep

2012-10-20 23:37

Willie Spies, nuutverkose raadslid van die Universiteit van Pretoria (UP), beplan regstappe teen lede van ’n organisasie wat hom vir transformasie by universiteite beywer.

Spies, ook regsverteenwoordiger van die Afrikaner-belangegroep AfriForum, sê hy is belaster in ’n mediaverklaring deur die Higher Education Transformation Network (HETN), wat reken te veel pro-Afrikaanse lede word tot die UP-raad verkies.

Die HETN sê hy het landwyd 10 000 lede van wie 1 200 oud-Tukkies is. Lucky Thekisho, ’n vorige voorsitter van die HETN, was ook ’n kandidaat vir die posisie waarin Spies verkies is.

Die konvokasie, bestaande uit alle Tuks-gegradueerdes, asook onder andere akademiese personeel, het benewens Spies ook proff. Apie Pienaar en Danie Goosen tot die raad verkies. Hulle is deur Tuks­Alumni benoem en Afrikaanse organisasies het alumni aangemoedig om vir hulle te stem.

HETN het die geldigheid en regverdigheid van die uitslae verwerp en te velde getrek teen die “wit” alumniraad met sy “verregse” AfriForum-lede.

Die organisasie beweer Spies, ­jare lange alumniraadslid en tans voorsitter, was in sy studentedae betrokke by onder meer die viktimisering van swart studente.

Volgens Spies is hy en Cornelius Jansen van Rensburg, hoof van AfriForum se gemeenskapsake, die enigste AfriForum-rolspelers in die huidige alumniraad.

“Dis vir seker nodig dat die alumniraad alle alumni verteenwoordig,” sê Spies.

“In vanjaar se alumniraads­verkiesing is Narren Harrypersadh demokraties verkies.

“Dr. David Mabunda van SANParke en Tebogo Mogosoana is gekoöpteerde lede en Mthokozisi Nkosi, president van die studenteraad, is ’n ex officio-lid.”

Spies sê hy, Goosen en Pienaar is in die eerste plek “pro-Tuks”.

“Wanneer politieke en demografiese druk veroorsaak dat minderheidstale, soos Afrikaans, skade ly ten koste van Engels, is dit in belang van die universiteit om die balans te help herstel.

“Tuks se statute bepaal die universiteit is veeltalig (Afrikaans, Engels en Pedi); wat beteken ons moet akademiese onderrig, navorsing en ontwikkeling in al drie tale bevorder.”

Die universiteit het by navraag gesê 35% van sy 190 000 alumni is swart en sowat 95 000 is Afrikaans. Volgens die UP behoort alumni-aktiwiteite alumni op ’n inklusiewe grondslag saam te snoer.

“Polarisasie binne die alumni­gemeenskap is in stryd met alles wat die UP probeer bereik.

“Die UP is in gesprek met die alumniraad om die huidige alumnivereniging se grondwet te hersien en te verbeter.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Rain showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 10-18°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-18°C Rain early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!