Twee vermis in vloede

2013-01-20 00:02

’n Verkeersbeampte van Mpumalanga en ’n agtjarige seun het waarskynlik verdrink nadat hulle gister by Tonga naby Komatipoort deur vloedwater meegesleur is.

Die soektog na albei slagoffers is gistermiddag afgelas omdat dit vir soekspanne te gevaarlik geraak het om hulle in die tierende Lomatirivier te soek.

Twee voertuie, waaronder die verkeersbeampte s’n, het omstreeks 02:00 Saterdag op ’n laagwaterbrug oor die Lomatirivier gestrand geraak.

Die verkeersbeampte en die twee insittendes van die ander motor het op hul voertuie se dak geklim.

Ten aanskoue van polisielede wat die mense probeer red het, is albei voertuie van die brug afgespoel.

Die verkeersmotor se blou ligte het nog ’n paar minute lank onder die water geflits.

Die twee insittendes van die ander motor, ’n man en vrou, het in die middel van die rivier aan riete vasgeklou.

Hulle is later deur ’n lugmag­helikopter uit die kolkende massa water gered.

’n Ambulans wat omstreeks 01:00 Saterdag op die Pivo-pad in Tonga na ’n mediese noodgeval op pad was, is ook deur die Lomatirivier meegesleur.

Die twee ambulansmanne kon uit die voertuig kom.

Hulle het aan boomtakke gehang totdat die polisieduikers onder die bevel van kapt. Pottie Potgieter hulle gered het.

Drie mense is by die Mangosuthu-gebied naby Piet Retief dood toe hulle tydens ’n swaar donderstorm deur weerlig getref is.

Op ’n plaas naby Piet Retief is ’n man dood toe sy modderhuis weens die swaar reën inmekaargestort het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to eek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.