Twis in ANC oor Marikana-saak

2012-09-01 23:54

Verskille oor die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se besluit om 269 Marikana-mynwerkers van moord aan te kla, lei nou tot moeilikheid binne die ANC.

Gister het Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, die eerste van die ANC se ses topamptenare geword wat die NVG se besluit openlik gekritiseer het.

Volgens Phosa kan dit tot “nog ’n Marikana” lei.

Pres. Jacob Zuma het geweier om die mynwerkers wat aangehou word die naweek vry te laat soos wat hul regspan vra.

Zuma het gesê hy wil nie met die NVG se werk inmeng nie.

Phosa se kritiek op die vervolging volg op soortgelyke kritiek deur Jeff Radebe, minister van justisie, en dr. Mathole Motshe­kga, hoofsweep van die ANC.

Die NVG se grootbase het gister agter geslote deure vergader en gerugte doen die ronde dat die moordaanklagte so gou as môre laat vaar kan word.

Die afgelope week is 269 mynwerkers op 34 moordklagte aangekla.

Phosa, wat gister by ’n oorhandiging van die ANC se eeufeesfakkel in Hartswater in die Noord-Kaap gepraat het, het gesê dié aanklagte is roekeloos.

“Om van die betrokkenes (die mynwerkers) aan te kla terwyl daar ’n kommissie van ondersoek is, rym nie met die sub judice-reël nie. Dit is roekeloos, onvanpas en byna absurd.”

Om mynwerkers van die moord op hul eie kollegas aan te kla, kan lei tot gevolge wat te ondenkbaar erg is, het Phosa gewaarsku.

“Ons het nie nou nog ’n Marikana nodig nie. Koelkoppe moet seëvier.”

Die 34 mynwerkers wat dood is, het gesterf toe die polisie twee weke gelede op ’n groep stakers by die Lonmin-myn geskiet het.

Die Marikana-sage stel volgens Phosa aan die ANC se leierskorps ’n belangrike vraag: “Hoekom het die werkers hul geloof in die wettige gesagsliggame verloor?”

Phosa word verbind aan ’n groep in die ANC wat wil hê dat Zuma in Desember met adj.pres. Kgalema Motlanthe vervang moet word as partyleier.

Phosa het ook ’n dwarsklap gemik na Zuma se militarisering van die polisie en gesê die land moet eerder in die rigting beweeg waar die polisie onder burgerlike beheer is, “soos in Kodesa voorsien is”.

Intussen het genl. Riah Phiyega gister gesê polisielede wat aan korrupsie of ander misdade skuldig bevind word, sal summier afgedank word, berig Llewellyn Prince.

Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het ’n vergadering van leiers van die polisievakbond Popcru in Pretoria toegespreek.

“Ons taak as die polisie is om Suid-Afrika veilig te hou en ons sal nie ons taak verloën nie.

“Ons neem ook met hartseer kennis van die groeiende tendens van moorde op polisielede tydens die uitvoering van hul pligte.”

Phiyega wou nie self kommentaar lewer oor die stand van sake ná die Marikana-slagting nie.

Oor korrupsie en misdadigheid onder polisielede het sy gesê dit het die polisiediens van sy reputasie en respek van die publiek beroof. “Ons moet ’n zero verdraagsaamheid-strategie toepas teen enige polisielid wat aan korrupsie skuldig bevind word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Basil Cyster sê... R.I.P VUYO MBULI jy was 'n ware voorbeeld van wat 'n S.A.Burger moet wees.Ons gan jou stem mis. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.