Twis oor Afrikaans v. Xhosa gaan aan

2012-05-05 23:47

Ayanda Duma, ’n ouer van ’n leerling aan die Gonubie Primary School, wend haar tot die gelykheidshof om ’n sê te hê in haar kind se onderrig. | Foto: Terence Mtola

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Taakspan van die Oos-Kaapse onderwysdepartement ondersoek ’n taaltwis, asook die geldigheid van die beheerliggaamverkiesing by die Gonubie Primary School in Oos-Londen.

Rapport het verlede week berig hoe die skool se keuse van Afrikaans bo Xhosa as eerste addisionele taalvak ouers by die skool op ’n rassegrondslag verdeel het.

Kragtens die kurrikulum- en ­assesseringsbeleidsverklarings (Caps) wat vanjaar in werking getree het, moet leerlinge in gr. 1 met ’n eerste addisionele taal begin en dit slaag om tot ’n volgende graad te vorder.

Ayanda Duma, ’n ouer van ’n leerling aan die skool, dagvaar die skool in die gelykheidshof oor sy keuse van Afrikaans omdat ouers volgens haar nie geraadpleeg is nie.

Duma en ander swart ouers het ook by die onderwysdepartement gekla oor die beheerliggaam­verkiesing wat volgens haar gehou is selfs nadat ooreengekom is dat dit uitgestel sou word.

Loyiso Pulumani, onderwyswoordvoerder, sê die taakspan het die afgelope week met ongelukkige ouers en verkiesingsbeamptes vergader en vergewis hulself van die feite.

Naledi Mbude, die departement se bestuurder vir die inwerkingstelling van taalbeleid, sien geen rede waarom die skool nie sowel Afrikaans as Xhosa as eerste addisionele taal kan aanbied nie, soos deur alle ouers ooreengekom is.

Volgens haar is daar reeds twee Xhosa-onderwysers by die skool wat dit as ’n derde taal aanbied.

“Ons hoef net ’n vaardigheids­oudit van die onderwysers te doen.”

Die skool se beheerliggaam, wat tot die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) behoort, wou nie kommentaar lewer nie, onder meer weens die hangende gelykheidshofsaak.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, het wel oor die algemeen oor veranderings aan die eerste addisionele taalvak kommentaar gelewer. Volgens hom moet daar minstens 40 leerlinge in ’n laerskoolgraad of 35 in ’n hoërskoolgraad wees wat ’n ander taal as eerste addisionele taalvak wil neem.

Colditz sê dit is onmoontlik om op laerskoolvlak ’n tweede addisionele taalvak by te voeg omdat daar nie genoeg tyd in die rooster is nie.

Caps het juis die getal laerskoolvakke verminder om kinders nie te oorlaai nie. Sou ’n skool leerlinge ’n keuse van eerste addisionele tale wou bied, beteken dit dikwels dat ’n bykomende onderwyser aangestel moet word, waarvoor die ouers moet betaal.

Colditz sê sulke onderwysers met die regte opleiding en vaardighede is nie geredelik beskikbaar nie. Fedsas staan veeltaligheid voor en sou wou sien dat leerlinge benewens ’n eerste addisionele taal nog ’n taal op kommunikasievlak aanleer.

Beheerliggame is volgens Colditz lugtig om ’n bykomende taal aan te bied omdat die Skolewet sedert verlede jaar bepaal dat taalvakke op dieselfde peil aangebied moet word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Dieselfde rede wat ek hierbo genoem het, Saamprater. 'n Nasie kry die leiers wat hy verdien. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.