Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

UGO se eerstejaars het baie meer hulp nodig

2010-03-06 23:03

Mnr. Mohamed Shaikh.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die nuwe kurrikulum se eerste groep matrieks het klaarblyklik verlede jaar as eerstejaarstudente baie meer hulp nodig gehad om die mas op te kom.

Die Universiteit van Pretoria (UP) sê nadat die eerste toetsreekse verlede jaar aangedui het het daar is probleme, het die universiteit met indringende ondersteuningsprogramme begin.

Dit was baie suksesvol en verlede jaar se die slaagsyfer het goed met vorige jare s’n vergelyk.

Die Universiteit van Stellenbosch (US) sê sy eerstejaarsakademie het spesifiek voorsiening gemaak vir die 2009-eerstejaarsgroep.

Hoewel die uitslae van hereksamens nog nie bekend is nie, het die akademie ervaar dat die groep in sy geheel nie sleg afsteek teen die 2008-groep nie, sê mnr. Mohamed Shaikh, senior direkteur van kommunikasie en skakeling.

Op sekere terreine blyk daar probleme te wees, maar op ander vaar studente nou weer beter.

Een US-fakulteit sê hy het ’n verbetering in uitslae gesien waar wiskunde nie ’n deurslaggewende rol speel nie, maar ’n afname waar wiskunde wel ter sprake was. Oor die algemeen lyk dit asof studente se wiskundevaardighede nie op dieselfde peil as vorige jare was nie.

Talle fakulteite het egter ingrypings soos tutoriale en ekstra klasse ingestel en dit was meestal suksesvol.

“Fakulteite in rigtings soos lettere, regsgeleerdheid en opvoedkunde meen steeds nuwelingstudente se lees- en skryfvaardighede kan beter wees.

Dis egter nie ’n nuwe uitdaging nie en dit kan nie sonder meer voor die deur van die nuwe kurrikulum gelê word nie,” sê Shaikh.

Volgens prof. Driekie Hay, viserektor van onderrig en leer aan die Universiteit van die Vrystaat, was daar ’n teenstrydigheid tussen die 2009-eerstejaarsgroep se matriekwiskundepunte en hul vaardigheidsvlakke.

Hierdie groep se wiskundepunte was ook baie hoër as die vorige matrieks s’n.

Sonder die ou hoër en standaardgraad was dit moeilik om die topwiskundepresteerders te identifiseer en studente in geskikte wiskundemodules te plaas.

By die Universiteit van Johannesburg (UJ) wys voorlopige uitslae dat verlede jaar se eerstejaars veral in wetenskapprogramme swakker gevaar het.

Hoewel eerstejaars al lank bykomende ontwikkeling nodig het om hulle op universiteit te help, lyk dit asof verlede jaar se groep meer uitdagings gehad het, sê die UJ.

Dit mag nodig wees om sekere kurrikulums en onderrigmetodes in die toekoms daarvolgens aan te pas.

Lewer kommentaar op dié storie


Paul 3/7/2010 12:02:27 AM
Ons universiteite word nou verander in hoerskole, om hulle te probeer leer wat hulle veronderstel was om te leer, maar nee, toe gooi hulle klippe en hulle loop en steel. Dis n skande wat van die land word! As die opvoeding van n land eers sy g@d gesien het, is dit nie meer lank nie!
Koos 3/7/2010 9:31:09 AM
Lees- en skryfvaardighede is vir alle fakulteite se studente van belang, nie slegs "lettere, regsgeleerdheid en opvoedkunde" nie.
Maar die groot probleem kom by wiskundige vaardighede (of liewers, die gebrek daaraan) en gebrek aan insigte in die natuurwetenskappe. In fakulteite soos natuurwetenskappe, ingenieurswese en landbouwetenskappe staar dosente 'n yslike probleem in die gesig en moet die eerstejaarskursusse aangepas word om die groot kloof tussen skool en universiteit te oorbrug. Suid-Afrika vaar die swakste van die 46 lande wat jaarliks deelneem aan die TIMMS (“Trends in International Mathematics and Science Study”) toetse - swakker as ons buurlande!
Wie moet ons bedank? Die huidige ANC regime, wat dit goed gedink het om onderwyskolleges te sluit, en beurse toe te ken op grond van ras aan studente wat eenvoudig nie die pyp kan rook nie.
Dr Elma Ross 3/7/2010 12:02:33 PM
Wat sou help?

Waarskuwings? Nee - ek en soveel ander het oor 'n hele paar jaar baie waarskuwings oor hoe vrot die stelsel funksioneer, gepubliseer.

Ons is geignoreer.
Wim Kotze 3/7/2010 12:24:32 PM
Nou hoekom is 'Bantu-education' afgeskaf?
Bokkie 3/7/2010 1:37:59 PM
Dis hoe dit gaan as daar gekrap word waar dit nie jeuk nie. Kry vir julle!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Lead Architect

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

.Net Developer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2009
R 169,000.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2008
R 125,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...