US straf dalk uitpraters

2012-10-13 23:19

Die Universiteit van Stellenbosch (US) word deur regstappe bedreig omdat hy dalk die sogenaamde “fluitjieblaserwet” oortree het.

Die universiteit het glo die Wet op Beskermde Openbaarmaking “geïgnoreer” weens sy “gebrekkige beskerming” van ’n werknemer wat die geldelike verknorsing van Suspi, sy sportprestasie-instituut, ondersoek het.

Die universiteit wou nie bevestig of ontken dat die universiteit Vrydag reeds deur regslui hieroor ingelig is nie, maar Rapport het op goeie gesag verneem dis wel die geval.

Suspi het dié werknemer vroeër aan ’n tugverhoor onderwerp, maar geen bevinding is nog gemaak nie.

Johann Mettler, voorsitter van die Suspi-direksie, het pas bedank ná berigte oor moontlike finansiële wanbestuur en die bestuurstyl van Gugu Ntuli (39), die uitvoerende hoof. Geen redes vir sy bedanking is gegee nie.

Die universiteit het deur sy tegnologie-oordrag-maatskappy InnovUS ook aangekondig Suspi-personeellede gaan dalk afgelê word en die instituut gaan dalk ontbind word.

Vroeër vanjaar het die bekende rolstoelatleet Ernst van Dyk, asook verskeie sportwetenskaplikes, uit Suspi se diens bedank.

Suspi is jare gelede gestig om ’n gespesialiseerde diens aan Maties se sportklubs te lewer.

Dit vorm ’n belangrike deel van sportwetenskaplike navorsing op die kampus.

Die instituut val onder ­InnovUS, wat die kommersialisering van die US se innovasies en intellektuele eiendom deur afwentelmaatskappye bestuur.

Nadat Rapport verlede week oor moontlike finansiële wanpraktyke by Suspi berig het, het ’n herrie hieroor op die kampus en in Stellenbosch losgebars.

Die universiteit het ingegryp en drastiese stappe rakende Suspi aangekondig.

Die US het vroeër aangekondig drie Suspi-werknemers is geskors of afgedank nadat ’n bedrogspul blootgelê is waarby sowat R1 miljoen betrokke is.

Etlike US-werknemers het egter laat blyk roekelose finansiële bestuur vorm deel van die “verdwene” miljoen en dat van die aangeklaagdes dalk die fluitjieblasers is.

Die afgelope week is spoedvergaderings op die kampus gehou en ’n aansoek van Suspi vir ’n oortrekkingsgerief van R6 miljoen by die universiteit is afgekeur.

’n Werknemer het ’n grieweprosedure teen Ntuli by prof. Julian Smith, die viserektor gemoeid met gemeenskapsinteraksie en personeel, begin.

Prof. Leopold van Huyssteen, Suspi-direksielid aangewys deur InnovUS, het gesê ’n herstrukturering van Suspi word nou gedoen met ’n “nuwe, maar kleiner direksie ter wille van vinniger besluitneming”.

“Die direksie sal nader aan die dag-tot-dag-funksionering van Suspi staan.”

Van Huyssteen sê Suspi is ’n “finansieel onderpresterende maatskappy”.

’n “Veranderingsbestuurder” word in die vooruitsig gestel en die kostestruktuur van Suspi sal “oordeelkundig afbestuur word”.

“Die personeellede is reeds ingelig dat die sakeplan hersien gaan word, dat herstrukturering kan volg en dat poste in die gedrang kan kom.”

Volgens hom “het Suspi goeie inisiatiewe, soos die Paralimpiese span wat in Londen uitmuntend gepresteer het”.

“Dis nie uitgesluit dat die herstrukturering ’n uitwerking op die voortbestaan van die maatskappy kan hê nie.”

Nadat berig is Ntuli is sonder ’n behoorlike dienskontrak teen byna R900 000 per jaar aangestel, hou Van Huyssteen vol “die personeel van Suspi is behoorlik aangestel”.

“Die verlies van R1 miljoen is gely deur diefstal, bedrog, nie-nakoming van beleid en nalatigheid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . Wat het van Rocky geword wat die DA verdedig het elke oomblik wanneer iemand net skeef gekyk het na hulle? Het hy wakker geword en toe maar van gebruikersnaam verander of waarom is hy so stil? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.