Uit leeus se kloue en kyk hoe pragtig nou

2013-01-27 00:02

Courtney Sparrow wat in 2008 deur twee leeus op hul plaas in Zimbabwe aangeval was. Sy word die jaar 13 jaar oud. Foto: Nicolene Olckers

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Mens kan skaars glo Courtney Sparrow het vyf jaar gelede byna die helfte van haar skedel verloor in ’n leeu-aanval op haar ouers se plaas in Zimbabwe.

Die 13-jarige is ’n pragtige tiener.

Die letsels aan haar gesig wat mense oor die wêreld heen aangegryp het, is byna onsigbaar.

Sy het amper heeltemal van haar beserings herstel.

Courtney was agt jaar oud toe twee van haar pa se leeus haar op 16 September 2008 aangeval het.

Haar pa, Ron, het juis die leeus aangehou om sy gesin en eiendom teen plaasbesetters te beskerm.

Kort nadat die leeus Courtney aangeval het, het die Zimbabwiese regering in elk geval die gesin se plaas gevat.

In 2010 is die gesin van hul wildplaas afgedwing en woon deesdae in Makhado.

Ron werk by ’n vriend se veiligheidsmaatskappy.

Sedert 2008 moes Courtney 16 operasies ondergaan om haar gesig en skedel weer op te bou.

“Ek het aanvaar wat met my gebeur het. Hoewel ek die voorval onthou, kry ek nie nagmerries daaroor nie. Ek is ook nie bang vir leeus nie. Ek sal altyd lief wees vir hulle.”

Courtney kan weens haar beserings nie te lank aan sport deelneem nie en moet die warm son vermy, anders veroorsaak dit geweldige hoofpyne en ander pyn.

“Sy doen baie goed in haar skoolwerk. Sy is ’n prefek en is baie aktief in die kerk. Sy hou ook van perdry. Courtney het ’n sterk persoonlikheid en ek dink dit het haar deur die traumatiese gebeure getrek,” sê haar pa.

Sy herroep die voorval asof dit gister gebeur het: “Ek het met my pop buite gespeel en die huishulp het by een van die kamers ingegaan om skoon te maak. My ma het vir my gesê om nie daar in te gaan nie, maar ek het nie geluister nie.

“Ek het die leeuwyfie deur ’n gat in die gordyn sien lê. Toe maak die huishulp die gordyn oop. Ek het gesien hoe die wyfie opstaan en gereed maak om te spring. Ek het nooit gedink sy sal vir my kom nie.

“Oomblikke later het die wyfie deur die venster gespring en my aan my arm deur die venster gepluk.

“Toe ek my oë oopmaak, het ek die leeu se groot tande by my gesig gesien. Die mannetjieleeu het nader gekom en die wyfie weggejaag. Ek het opgespring en gehardloop.

“Die mannetjie het op my rug gespring en my aan die kop geruk. Dis toe dat hy die helfte van my skedel afruk.”

Courtney sê sy het nie onmiddellik pyn gevoel toe sy aangeval is nie.

’n Plaaswerker wat vullis verwyder het, het gehoor hoe sy gil en nader gehardloop.

Hy het die wyfie met ’n stok verjaag, maar moes nader gaan om Courtney van die mannetjie te red.

Hoewel sy deurentyd by haar bewussyn was, kan sy sekere dele ná die aanval nie onthou nie. Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, het die stamhoofde van die omgewing in Zimbabwe haar vereer.

In hul kultuur word iemand wat ’n leeu-aanval oorleef as ’n held beskou.

“Ons familie moes Courtney se tragedie verwerk en ook dat ons alles verloor het,” sê Ron.

“Ons sukkel nog steeds om ons voete te vind. Die een dag het ek plase besit en aan my kinders se toekoms gedink en die volgende oomblik is ek met die hemp aan my lyf van my plaas verjaag.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-19°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 14-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!