Uitgevang! Paris wás toe in hof oor dagga

2010-07-03 23:20

Paris Hilton in die hof in port Elizabeth. Foto: e-news channel

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Verslagspan

Uitgevang!

Hollywood se stoutste rykmanskind, Paris Hilton, het aan die wêreld ontken dat sy eergisteraand deur die polisie gevang en aangekla is omdat sy glo ’n daggazol gerook het in die Nelson Mandela Bay-stadion in Port Elizabeth.

Maar televisiebeeldmateriaal van Paris en haar Playboy-pel Jennifer Rovero (31) in die beskuldigdebank van die hof in Port Elizabeth vertel ’n ander storie…

Dat so ’n sexy pruilmondjie nou só kan jok!

Paris het gister op haar Twitterblad geskryf: “Daar is ’n klomp lawwe gerugte… Ek is nie aangekla nie en is ook nie in hegtenis geneem nie, ek het niks gedoen nie.”

Maar benewens die beeldmate­riaal van Paris eergisteraand in die hof het brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, aan Rapport bevestig Paris en haar vriendin is vasgetrek weens die onwettige besit van dwelms.

Die polisie beweer Paris-hulle het in die parkeergebied van die stadion dagga gerook kort nadat hulle die sokkerwedstryd tussen Brasilië en Nederland bygewoon het.

’n Polisievrou het die groep genader en dagga geruik. Paris en Rovero is na die Mountweg-polisiekantoor vergesel, waar vingerafdrukke geneem is. Paris het glo kort-kort gehuil.

Nadat hulle formeel aangekla is, is hulle na die Wêreldbekerhof geneem. Paris het plat op die motorsitplek gelê.

Sewe pizzas en ’n boks koeldranke is by Paris-hulle afgelewer terwyl hulle by die hof gewag het. Sy het egter niks geëet nie.

Rovero is R1 000 beboet nadat sy skuldig gepleit het. Die saak teen Paris is teruggetrek.

Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder vir die departement van binnelandse sake, het aan Sapa gesê Rovero is gelas om die land binne 14 dae te verlaat. Sy sal as ’n ongewenste persoon verklaar word, wat beteken sy mag Suid-Afrika nie weer binnekom nie.

Rovero het ook ’n repatriasiewaarborg van R10 000 betaal.

Mnr. Hennie Bence, ’n prokureur van Port Elizabeth, is deur ’n Johannesburgse veiligheidsmaatskappy genader om Paris te verteenwoordig. Bence sê Paris het hom om verskoning gevra omdat hy hulle so laat in die nag moes bystaan.

Adv. Terry Price, wat saam met Bence opgetree het, sê Paris is verkeerdelik in hegtenis geneem.

Paris twiet: “Ek het die polisie gehelp met die ondersoek en hul vrae beantwoord.

“Almal was nice met my en vriendelik. Ek hou van Suid-Afrika. So ’n wonderlike plek, veral tydens die Wêreldbeker.”

Hilton sou eergisteraand by die Shamwari-wildreservaat buite Port Elizabeth tuisgegaan het, maar het nooit opgedaag nie.

- Mnr. Willem Basson (48) van Kaapstad het vóór Paris in die sta­dion gesit.

“As sy 15 minute lank sokker gekyk het, was dit baie. Sy het met haar rug na die veld gedans en na haar iPod geluister.”

Paris se vroeëre skandes sluit in ’n internet-seksvideo en tronkstraf weens dronkbestuur.

- Gavin Prins in Johannesburg, Dawie van Heerden in Port Elizabeth en Willem Pelser in Nelspruit.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Riaan Viljoen sê... wie is mbuli. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.