VF+ in twis oor geld

2012-11-17 23:28

’n Twis woed in die VF+ oor die wyse waarop dié party se geldsake hanteer word.

Midde-in die drama is R150 000 wat die Naspers-voorsittersfonds verlede jaar op nasionale vlak aan dr. Pieter Mulder se VF+ gegee het. Dié skenking het egter in die Wes-Kaapse partykoffers beland waar Mulder se broer, dr. Corné Mulder, provinsiale leier is.

“Die Wes-Kaap het dié donasie gekaap en só ander provinsies benadeel,” het Hennie Taljaard, geskorste voorsitter van die VF+ se finansiële komitee, gister gesê.

Volgens hom het dr. Pieter Mulder versuim om sy broer daaroor vas te vat.

Taljaard voer ook aan hy is Donderdag uit die party geskors om te verhinder dat hy gisteroggend dié “ongerymdheid” en ’n verslag oor ander “ondeursigtige praktyke” op die party se federale raadsitting bekend maak.

Dr. Pieter Mulder het Taljaard se aantygings gister afgemaak en gesê die verslag is “deurspek met foute”.

“Daar was geen korrupsie nie, geen geld is weg nie. Wat ons betref, is die donasie reg aangewend en die federale raad het dit (die inbetaling daarvan in die Wes-Kaapse bankrekening) goed­-gekeur.”

Mulder sê Taljaard is gegrief omdat die party hom vasgevat het oor pligsversuim. “Sy hoofwerk was om geld in te samel, maar hy het in twee jaar geen moeite gedoen nie.”

Taljaard erken hy is “gegrief”, maar oor die ondeursigtigheid. “Van die provinsies trek swaar, sekere mense betaal telefoonrekeninge uit hul eie sakke en intussen trek Corné se provinsie voordeel uit ’n?nasionale donasie.”

Taljaard sê hy wil nie die VF+ benadeel nie.

“Maar ek is nie die eerste lid wat geskors word nie. Die oomblik as jy jou mond oopmaak en die leierskap aanvat, raak hulle ontslae van jou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.