VIDEO: Onrus op Ceres

2012-11-14 08:52


Die onrus oor plaaswerkers se lone het na Ceres uitgebrei waar polisie sake met rubberkoeëls probeer beheer het.






Beeld berig vanoggend:

Die staking van plaaswerkers het gister na verskeie dorpe in die Boland en Swartland uitgebrei.

Stakers het op talle plekke opgeruk en pakskure, landerye en wingerde beskadig.

Plaaswerkers van 16 dorpe in die provinsie het gister aan die eerste dag van ’n nuutgevormde koalisie se sogenaamde massa-aksie deelgeneem. Dié aksie is vir beter lone en leef- en werkomstandighede.

Vakbonde, plaaswerkerkomitees en gemeenskapsorganisasies, waaronder Cosatu, het die koalisie gevorm.

Hulle het in ’n kennisgewing aan medewerkers gesê:
“Dis tyd dat ons saamstaan en boere wys hoeveel mag en krag ons het. Ons het die vermoë om die hele vrugte- en wynbedryf tot stilstand te bring as ons ons arbeidsmag weerhou.”

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse Cosatu-voorsitter, het gistermiddag sowat 2 000 stakende plaaswerkers in De Doorns toegespreek.

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, was ook daar.

Sy het die gemeenskap van De Doorns “gesalueer vir hul brawe oorwinning” en gesê landbou gaan ná hierdie staking nooit weer dieselfde wees nie. Volgens haar sal ’n R150-dagloon ’n groot oorwinning wees. Sy het werkers gemaan om nie plase en eiendomme aan die brand te steek of te beskadig nie.

In Prince Alfred Hamlet moes die eienaar van Ceres Valley Fruit, ’n vrugtelekker-vervaardiger, toekyk hoe haar pakhuis, kantoor, vragmotors en vurkhyser brand.

Stakende plaaswerkers het eers die kantoor se deur oop­gekap en die kluis uitgebreek en alles toe aan die brand gesteek.

“Dit is hartverskeurend,” het Logie Tanandroyen gesê.

In Ceres is ’n polisiebeampte in die hospitaal opgeneem nadat hy in die Nduli-plakkerskamp, waar onluste uitgebreek het, gewond is.

Koringlande net buite die dorp is ook aan die brand gesteek.

In Robertson is wingerde ook aan die brand gesteek.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.