Varkkop op Moslem-grond gelos
2012-07-27 15:28
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Die DA het kwaai uitgevaar teen vandale wat ’n vark se kop op die erf van ’n moskee in Malvern, KwaZulu-Natal, gelos het.
“Die DA veroordeel dié tipe disrespek teenoor ’n plek van aanbidding,” het Sizwe Mchunu, DA-woordvoerder gesê. "Dit lyk na godsdienstige onverdraagsaamheid."
Benewens ’n vark se kop is ook talle foto’s van varke gelos op dié erf, waar ’n moskee binnekort gebou sal word.
Varke word in Islam as “haraam” beskou, wat beteken dié diere is vir Moslems onrein.
Dit is nog onseker wie dié varkkop op die erf gelos het.
- SAPA