Vas ná moord op boer

2012-02-03 14:27

’n Tiener (15) en ’n man wat glo verlede maand op parool vrygelaat is, is gearresteer weens die moord op mnr. Boet Cilliers (77) die naweek buite Stella.

Hulle verskyn vandag in die landdroshof in Vryburg.

Cilliers, van die plaas Erfdeel, se lyk is Sondagaand gekry nadat mnr. Theo Scholtz, ’n buurman, sy verlate bakkie sowat 3 km van die plaas langs die pad gesien het.

Cilliers se halfnaakte lyk is naby die huis gekry. Hy het vermoedelik ’n draad by die kraal reggemaak toe hy oorval is.

Die seun en die man (28) is Woensdag in Ramabesa by Madibogo in hegtenis geneem. Madibogo is tussen Delareyville en Sethlagole. Dit is net ’n paar kilometer van Cilliers se plaas.

Die ouer man is glo verlede maand op parool vrygelaat nadat hy tronkstraf weens wapendiefstal uitgedien het.

Brig. Thulani Ngubane, provinsiale kommunikasiehoof van die polisie, is gevra om dit te bevestig. Hy het dit egter teen druktyd nog nie gedoen nie.

Volgens ’n verklaring wat Ngubani vroeër uitgereik het, het die verdagtes ’n .22-geweer en ’n 6.35-pistool by hulle gehad.

Hulle het glo na die plaas gegaan om Cilliers te beroof, maar ’n worsteling het ontstaan.

Cilliers se hande en voete is vasgebind en hy is vermoedelik met ’n stomp voorwerp doodgeslaan.

Beeld verneem hy is nie in die voorkop geskiet, soos aanvanklik vermoed is nie, maar is so hard geslaan dat ’n aar gebars het.

Die aanvallers het met Cilliers se Nissan 1400-bakkie gevlug, maar dit ’n ent verder gelos.

Lt.genl. Zonkiswa Mbombo, provinsiale polisiekommissaris, het sy waardering uitgespreek vir die samewerking tussen die gemeenskap en die polisie wat tot die arrestasie gelei het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.