Vas nadat sy ma oor skinder kla

2012-12-22 23:57

Lood Birk (38)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die moord op sy vrou het hom katatonies gelaat en die skinderstories dat hy die moordenaar is, “vertrap twee wonderlike families”.

Natalie Birk, ma van Lood (38), wat Dinsdag aangekeer is ná die wreedaardige moord op Annemarie Birk (41), het die gemeenskap van Ermelo in Oktober in ’n brief aan ’n koerant aangeval.

Sy het uit Swellendam aan die Highveld Tribune, wat in Ermelo versprei word, geskryf: “Mag elkeen wat hierdie brief lees sy kop in skaamte sak en diep nadink of hy/sy enige Christelike waardes het, en dit toepas.

“My seun was gestroop van sy menswees. Van skok het Lood katatonies geword. Sy suster moes so te sê alles behartig, ook toe hy per ambulans vervoer is na ’n kliniek in Pretoria.

“Intussen moes ek probeer heel maak wat ’n booswig onregmatig in ons lewens gebreek het. Waar was die gemeenskap van Ermelo?

“Die gemeenskap van Ermelo het geskinder. Met jul geskinder het jul op die leed en hartseer van twee wonderlike families getrap. Skaam julle, gemeenskap van Ermelo.”

Die moord op Annemarie (41), ’n “saggeaarde en kunstige” musiekonderwyseres aan die Hoërskool Ermelo, het in September skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Sy is keelaf gesny en verskeie kere met ’n mes in die maag gesteek.

Lood is saam met Mxolisi Malinga (27), die egpaar se tuinier, aangekeer.

Die Birks was kinderloos.

Ná die grumoord het Birk beweer sy vrou het hom by die werk gebel en oor die foon geroggel. Hy het huis toe gejaag en haar bebloede lyk in die slaapkamer gekry.

Malinga was langer as sewe jaar die egpaar se tuinier.

Inwoners van Ermelo het openlik daaroor bespiegel dat Birk betrokke was by sy vrou se moord.

Annemarie se pa het ’n beroerte gekry voordat dit aan die lig gekom het haar man is glo die baasbrein agter haar moord.

Okkie Slabbert (73) van Somerset-Wes het met die beroerte breinskade opgedoen en kan nie praat nie, sê ’n familielid.

“Dit gaan ook nie goed met sy vrou (Anna, 80) nie.”

Annemarie se selfoon was sedert die moord vermis en is sowat ’n maand gelede naby die provinsiale hospitaal gevind. Die polisie het glo belangrike getuienis daarop gekry. Die motief is steeds duister, sê die polisie in Ermelo.
Bok Martins, skoolhoof, sê Annemarie se moord was ’n “absolute tragedie”.

“Sy was ’n tipiese musiekmens, stil, sag en teruggetrokke. Sy was dierbaar en ’n uiters talentvolle musikant.”

* Birk, ’n IT-spesialis, en Malinga is Donderdag op borgtog van onderskeidelik R3 000 en R500 vrygelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci Antonio sê... Leopold Scholtz is 'n mislukte linkse akademikus wat deesdae in België wegkruip omdat hy nie die Nuwe Suid-Akrika kan verdra nie. Sy bewondering vir die ewe mislukte Engelse kapteintjie, Liddell Hart, spreek boekdele oor sy totale onkunde aangaande krygskuns. Dus kan hy nie anders as om patetiese, polities korrekte boekies van tyd tot tyd te skryf nie. Daar is veel, veel beter boeke oor hierdie onderwerp. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.