Veiliger seks gou deel van leerplan

2012-10-20 23:33

’n Kind van so jonk as 12 jaar oud sal binnekort kondome by ’n gesondheidswerker by sy skool kan kry, maar dit beteken nie kondome sal onverantwoordelik uitgedeel word nie.

Só verseker dr. Saadhna Panday van die departement van basiese onderwys ouers wat bekommerd is oor die uitdeel van kondome as deel van die departemente van gesondheid en basiese onderwys se geïntegreerde skool­gesondheidsprogram.

Dit behels onder meer dat gr. 7- tot gr. 12-leerlinge individuele berading oor seksuele en reproduksiegesondheid kry en ook gr. 4- tot gr. 6-leerlinge, waar dit aangevra word.

Panday, direkteur van gesondheidsbevordering, sê dit sal ’n private gesprek tussen die leerling en ’n professionele gesondheidswerker wees.

Afhangende van hoe die gesprek verloop, sal die gesondheidswerker vir die leerling kondome kan gee.

Panday sê daar is met organisasies van onder meer onderwysers, hoofde en skoolbeheerliggame ooreengekom dat skole ouervergaderings moet hou voordat die mobiele klinieke die skool besoek.

Deelname aan die gesondheidsprogram is vrywillig en ouers, asook kinders van 12 jaar af, moet vooraf toestemmingsvorms onderteken.

Panday sê ’n beheerliggaam kan besluit watter dele van die gesondheidsprogram hy wil toelaat.

“’n Mens moet in gedagte hou in ’n peiling is bevind 37% van leerlinge in gr.?8 tot gr.?11 is seksueel aktief.”

Die seksuele gesondheidsopvoeding is deel van ’n baie wyer gesondheidsprogram waarvan die doel is om ’n kind in gr. 1, gr. 4, gr. 8 en gr. 10 te ondersoek vir probleme met onder meer gehoor, sig en tande, asook vir siektes soos tuberkulose.

In die program gaan eers gefokus word op die armste skole en oor die volgende vyf jaar uitgebrei word.

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê hulle ondersteun die beginsel van die program.

“Kinders moet gesond wees om te kan leer.”

Dit sal egter baie omsigtig hanteer moet word, want die seksuele en reproduktiewe gesondheids­aspekte kan ouers baie ontstel en ouergemeenskappe verdeel.

Beheerliggame moet “100% eienaarskap” van die program by hul skole kan neem en kerke, welsyn- en ander nie-regerings­organisasies behoort ook by besluite betrek te word.

Die nie-regeringsorganisasies Equal Education (EE) en Treatment Action Campaign (TAC) het egter ernstige probleme met die moontlikheid dat beheerliggame die program en leerlinge se toegang tot kondome kan belemmer.

Internasionale navorsing toon dat seksopvoeding in skole en die beskikbaarstelling van kondome glad nie seksuele bedrywighede onder adolessente laat toeneem nie.

Verskeie organisasies het die afgelope week in hul kommentaar oor die program na teenstrydig­hede in die betrokke wetgewing verwys.

Kinders jonger as 16 wat instem tot seks met mekaar, oortree die wet en enigiemand wat daarvan weet, het ’n regsplig om dit aan te meld.

Daarteenoor kan kinders van 12 jaar af voorbehoedmiddels kry.

Tukkies se Sentrum vir Kinderreg het vroeër die hooggeregshof namens twee nie-regeringsorganisasies genader oor die grondwetlikheid van die kriminalisering van instemmende seks tussen kinders van 12 tot 16 en die verpligte aanmelding daarvan.

Dié wetgewing kan veroorsaak dat kinders nie om hulp vra nie, en sou hulle wel aangekla word, sal hulle deur blootstelling aan die strafregstelsel getraumatiseer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.