Veiligheidsbedryf word ‘veiligheidsbedreiging’

2012-09-16 00:27

Nuwe wetgewing sal oudmisdadigers verbied om as veiligheidswagte te werk of ander veiligheidsdienste te verskaf.

Voorts sal net Suid-Afrikaners in die private veiligheidsbedryf mag werk.

Tans word mense met vaste verblyfreg ook toegelaat en is 7 080 buitelanders, meestal van Afrika, as wagte geregistreer.

In “belang van nasionale veiligheid” plaas die Wysigingswetsontwerp op die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf ook ’n beperking op die bedrywig­hede van internasionale veiligheidsmaatskappye deur te vereis Suid-Afrikaners moet ’n meerderheidsaandeel in plaaslike filiale hê.

Die vereiste raak internasionale multimiljardrand-maatskappye soos Chubb, ADT en Top Security wat plaaslik veiligheidsdienste verskaf, maar deur buitelanders besit word.

Volgens die ministerie van polisie is dié stappe noodsaaklik weens die “toenemende bedreiging wat die deelname van buitelanders in die veiligheidsbedryf vir nasionale veiligheid inhou”.

Nadat die kabinet die wetsontwerp goedgekeur het, het Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, gesê die regering kan nie ’n “parallelle” private veiligheidsmag toelaat waaroor hy geen beheer het nie.

Daar is tans 8?830 private veiligheidsmaatskappye met meer as 411 109 veiligheidswagte – bykans drie keer soveel as die lede in die polisiediens.

“Ons wil in totale beheer wees in die land waar ons regeer,” het Sotyu gesê. Volgens haar sal die wet ook verseker die private veiligheidsbedryf is aan die regering verantwoordbaar.

Dié bedryf het die afgelope dekade aansienlik uitgebrei. Daar is vandag 60% meer maatskappye en meer as dubbel soveel veiligheidswagte as in 2001. Intussen het die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) te min geld en personeel om te verseker net geregistreerde maatskappye en wagte lewer veiligheidsdienste. Daar is ook “misdadige elemente” en gebrekkige beheer oor vuurwapens.

Psira het in die 2010-’11-boekjaar met ’n begrotingstekort van R23 miljoen gesit. Die waghond se enigste inkomste is die jaarlikse registrasiekoste wat hy van maatskappye en wagte invorder, maar ingevolge die wetsontwerp sal belastingbetalers voortaan tot Psira se beursie bydra en sal die ouditeur-generaal sy finansiële state oudit.

Internasionale maatskappye sal vyf jaar tyd hê om te voldoen aan die vereiste dat Suid-Afrikaners die beherende aandeel (51%) in plaaslike filiale moet hê.

Die polisieminister kan “in belang van nasionale veiligheid” dié vereiste persentasie aandeelhouding selfs verhoog afhangende van die soort diens wat ’n maatskappy verskaf (soos bewaking, BBP-beskerming, private ondersoeke, noodreaksie en transito).

Waar mense met ’n misdaadgeskiedenis voorheen tot die bedryf toegelaat is ná ’n afkoelperiode van tien jaar, is dit nou onwettig om ’n veiligheidsdiens te lewer as jy voorheen aan ’n misdaad skuldig bevind is.

Die wetsontwerp wat pas in die parlement ter tafel gelê is, vereis ook dat Psira ’n register hou van die vuurwapens in private maatskappye se besit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.