Verbruikersvasvat: Daar ís helpende hande vir kliënte

2011-07-02 23:45

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek was seker so tien of elf jaar oud, en baie belangrik vir myself dat ek die Readers Digest lees, toe ek afkom op ’n artikel wat begin met ’n pêrel van wysheid wat my steeds bybly en binnepret gee: “If you ever need a helping hand you’ll find one at the end of your arm.” Ha-ha.

Nog ’n helpende hand wat my bybly uit omtrent dieselfde era, is “die grootste helpende hand in die land”, een of ander lank vergane bouvereniging. Ja, wel.

As verbruikers is ons darem nie net uitgelewer aan eersgenoemde, of genadig aan laasgenoemde nie. Trouens, laas Vrydag het ek oor ’n koppie lekker koppie ’n baie ferm hand ontdek – dié van mnr. Johan van Vreden, die Motorbedryfombudsman (MBO) van Suid-Afrika.

Op ’n punt van orde: In ons so­sia­le-netwerk-behepte wêreld bly ek ’n voorstander van die ferm handdruk en die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting. Soos die dirigent en motiveringskrywer Benjamin Zander dit stel in sy boek The Art of Possibility: “Some things are worth doing in person.” En die paadjie Pretoria toe was wel deeglik die moeite werd.

In die loop van ons gesprek het ek ’n paar dinge ontdek wat verbruikers tot lering en gemoedsrus kan stem. Een: In 2010 het die MBO 24000 sake suksesvol afgehandel – en nie met ’n leerskare van honderde nie, met ’n klein maar getreinde span van toegewyde mense. Twee: Die MBO word wel deur motormaatskappye en -invoerders gefinansier. Maar dié ondernemings het geen seggenskap in die verloop van sake nie.

Ek haal aan uit een van hul nuusbriewe: “The MIO is funded by the motor manufacturers and importers, but they are contractually bound to recognise (its) independence and jurisdiction at all times. This means they have no say in (its) day-to-day operations, nor can they influence its rulings.”

Drie: Nog ’n enorme pluspunt is die Transaction Protected Programme (TPP), die indrukwekkende breinbaba van die MBO-projekkonsultant mnr. Tjaart van der Walt, wat toegespits is op die hantering van probleme rondom tweedehandse voertuie.

Nou ja, dit is net ’n paar van die maniere waarop die MBO se helpende hand die ekstra myl gaan.

Vir meer inligting, besoek hul webwerf www.miosa.co.za, skakel 0012 841 2945, faks 012 841 2842 of stuur ’n e-pos na mi.ombudsman@netactive.co.za.

Nog ’n hand wat ’n mens nie moet vlak kyk nie, is dié van die selreus Vodacom. Ja, ek weet, hulle voel soms so groot dat jy voel soos ’n nommer. Dit voel soms hulle gee nie om nie terwyl jy wil skree van frustrasie. Maar, ontdek ek, hulle is steeds ’n hand wat bereid is om te help – en ’n oor wat bereid is om te luister. En een van die ore wat by uitstek oopstaan vir Rapport-lesers se kwessies is dié van me. Nomsa Thusi, uitvoerende hoof van Vodacom se sakevennote.

Sy het vandeesweek onder meer vir my terugvoering gegee op twee fronte. Een: Kom dit by kopsere rondom Vodacom se Going Red-veldtog – of soos een leser dit stel: “Vodacom gaan miskien rooi, maar ek sien rooi” – laat Thusi weet: “Ons voel ons sal vir jul lesers ’n beter diens bied as ons regstreeks op hul vrae reageer; dat ons vir hulle laat weet presies watter dienste ons bied wat aan hul spesifieke behoeftes sal voldoen.”

Wat my bring by punt twee: Hoe maak ’n mens seker jou klagte kom by hulle uit en dit word gehoor?

Daar is vyf maniere:

* Twitter@vodacom of @vodacom111 – sewe dae van die week.

* Vodacom se Facebook-blad, met ’n puik sosiale-media-kliëntesorgspan wat spesifiek na hierdie soort navrae omsien.

* Die 24-uur-kliëntedienslyn, 0082 111.

* E-pos: customercare@vodacom.co.za.

* Vodacom se webwerf, www. vodacom.co.za.

En as jy iets doen en niks gebeur nie? Laat weet my, en ek laat weet vir Nomsa.

Kortom, laat ons hande vat – en só die “vasvat” hou in Verbruikersvasvat!

KORTLIKS

Discovery vra om verskoning

Nadat mev. Karin Pretorius by Verbruikersvasvat kom aanklop het oor Discovery se hantering van ’n eis, het dié mediese skema laat weet: “Ons verseker mev. Pretorius en jul lesers dat ons lede se terugvoering oor ons diens waardeer. Die manier waarop mev. Pretorius se eis gehanteer is, is nie die norm nie… Discovery Health se dienshoof, mnr. Francois Pre­to­rius, het haar persoonlik om verskoning gevra…”

Mev. Pretorius is tevrede met die oplossing en het my gebel om my te bedank en vir my te sê ek het skerper tande as Julius Malema!

Skryf vir my…

Mnr. C.P.J. van Zyl van Pretoria skryf: “Hoewel ek Verbruikersvasvat beskou as ’n baie besonderse diens vir verbruikers, is dit nie vir almal toeganklik nie. Baie van die lesers is oud en kan nie die internet bekostig nie. Wat het van die gewone posadres geword?” Meneer van Zyl, julle is meer as welkom om vir my te skryf by: Verbruikersvasvat, Rapport, Posbus 8422, Johannesburg 2000.

Educor kom by

Dale Chaplin, nasionale handelsbestuurder van Educor, laat weet die volgende sake is afgehandel: Damelin: Lynette Germishuys, Liezl Heydenrych, Monica Vorster.

Intec: Michael Booysen, Catrien Haupt, Hanri Meades, Francois van der Westhuizen.



Hier kom 'n ding


Gee ons krag, nie nog verhogings nie!

Vergeet Vodacom. As ek die naam Eskom hoor, sien ek behóórlik rooi. Ons het nog nie eens bygekom ná die vorige verhoging nie, nou wil die nasionale kragverskaffer ons klap met nog ’n 31%-styging. Dít terwyl hul base al die pad bank toe lag met onverstaanbare en haas onvergeeflike verhogings.

Ek dink dis verregaande. As julle saamstem, laat weet my asseblief en laat ons sáám ons stem dik maak teen dié potensiële verbruikersvergryp.


SUURKLONTJIES

Mnr. Alex Erasmus van Tzaneen Fibre hou al maande lank vir me. Melanie Costa aan ’n lyntjie – nie net met sy minderwaardige werk, belaglike verskonings en beloftes wat nie nagekom word nie, maar ook deur my e-posse onbeantwoord te laat. O, nadat ek hom laas week gebel het, het hy belowe om teen die einde van hierdie week vir my terugvoering te gee. Gelukkig hou ek nie my asem op nie, anders was ek al blou in die gesig. Erasmus, het jy gedink as jy my lank genoeg ignoreer, gaan ek weggaan? Dink weer, my ou vriend. Onthou, wie nie hoor nie, moet voel – en as dit jou houding is, is jou gatsak die eerste plek waar jy dit gaan agterkom.

Die Foster-bende is terug – in Cape Town’s Best Guide to Parents, Bumper Holiday Edition, bl. 33. Kan jy nou meer, met twee klagtes teen hulle ingedien by die nuwe Verbruikerskommissie en ’n klag hangende by die perdesorgeenheid van die DBV, het mnr. John en me. Marlene Foster jou wrintie hul weg oopgesien om weer hul nagmerrienaweek aan die publiek te probeer verkwansel – en dit nogal teen R2750 per nag (teenoor R2850 per naweek wat dit was toe mev. Elmarie Visagie en mnr. Kees Snijders ’n paar maande gelede by my kom aanklop het). Mens wonder watter deel van “gaan-weg-met-jul-patetiese-diens-en-produk” verstaan hulle nie…

PLUIMPIES

* Me. Elmari Potgieter het ’n pluimpie vir Fury Toyota in Linden, Johannesburg, en spesifiek vir mnr. Alan Perlin, by wie sy onlangs ’n nuwe Toyota Aygo Wild gekoop het: “Mnr. Perlin het regtig moeite gedoen om my goed in te lig omtrent die verskillende Aygo-modelle en om, ondanks ’n waglys, te sorg dat ek so gou moontlik ’n wit motor kry. Plus, toe my vorige motor probleme gee, het Perlin en ’n assistent amper 10km gery om my te help en te sorg dat ek dieselfde dag nog my Aygo kry. Met sulke persoonlike diens kan mens nie ’n fout maak deur jou motor by Fury Toyota te koop nie!”

* Mev. Jean Kotze en haar man het die hoogste lof vir die eienaars en personeel van East Cliff Ford in Hermanus. Ná ’n groot gesukkel met teerspatsels op hul nuwe motor het hulle uiteindelik by dié handelaar uitgekom en hier is die storie se gelukkige einde: “Ons het die manne van ons dilemma vertel, en voor jy kon sê “mes” was ons probleem opgelos. Baie dankie, East Cliff Ford Hermanus – julle is tops!”

* Jolanda Stander se pluimpie is vir Huyndai Roodepoort, en veral vir Jan Jacobs: “Ek het fantastiese diens ontvang met die koop van my motor… Dis mense soos Jan en Liz van Schalkwyk wat mens weer en weer na dieselfde motorhandelaar laat teruggaan. Baie dankie vir al jul harde en goeie werk!

- Rapport

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 2-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -2-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 7-17°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!