Verbruikersvasvat: Monroe, Narcissus en MMM se storie

2012-08-12 00:10

Verlede Sondag was die 50ste herdenking van die silwerdoeklegende Marilyn Monroe se dood en een brokkie uit die week se vele stories bly my by. Blykbaar het Monroe dikwels ure lank doodstil voor haar spieël gesit en stip na haarself gekyk. As iemand haar daarna vra, het sy eenvoudig geantwoord: “I’m looking at her.”

Dié anekdote het my, met apologie aan die nagedagtenis van Monroe, laat dink aan die nasionale verbruikerkommissaris, Mamodupi Mohlala-Mulaudzi, wat die afgelope week weer in die nuus was. Dit op sigself is natuurlik plus-minus so nuuswaardig soos Julius Malema wat aanvegbare stellings maak of koppe wat rol by die SAUK.

Hoe dit ook al sy, die jongste nuus uit die Mohlala-Mulaudzi-loopgraaf is dat die arbeidshof Maandag haar derde aansoek om die hernuwing van haar kontrak verwerp het. Boonop moet sy vir Rob Davies, minister van handel en nywerheid, se regskoste opdok, insluitend die koste van twee advokate wat sy beëdigde verklaring in teenstand van haar aansoek opgestel het. (Davies het ook nie skotvry daarvan afgekom nie. Hy moet die koste van haar deel van die beëdigde verklaring dra, en het nie daarin geslaag om haar as ’n “kwelsugtige litigant” te laat verklaar nie.)

Dis natuurlik verreweg nie net Davies of Lionel October, direkteur van handel en nywerheid, of tienduisende ongeholpe verbruikers wat ongelukkig is nie. Van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) en die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers (Naamsa) tot die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het al hul ontevredenheid oor haar uitgespreek. Onlangs het sy selfs swaarde gekruis met die kommissie se susterliggaam, die Verbruikerstribunaal.

Talle van haar kommissie se besluite is bevraagteken, kommerwekkend baie dagvaardings is tersyde gestel as onkonstitu­sioneel en voorts verloor sy wyd en syd hofsake teen van die arbeidshof en die sel-reus Vodacom tot die Johannesburgse munisipaliteit.

Maar soos die ma wat staan en kyk na die militêre parade en trots vir ’n medetoeskouer sê: “Kyk, almal marsjeer uit pas behalwe Jannie”, stoom Mohlala-Mulaudzi voort op haar oorlogspad. Wat weer eens duidelik uit die jongste verwikkelinge blyk, is dat eerlike introspeksie so ver verwyder is van haar agenda soos die ooste van die weste. Trouens, waarskynlik die enigste spieël wat sy raadpleeg, is die een waarvoor sy vra: “Spieël­tjie, spieëltjie aan die wand, wie is een van die dae die minister van verbruiker­sake in ons land?”

In my soeke deur ’n paar spieëls na die raaisel van Mohlala-Mulaudzi, het ek egter nie by Sneeuwitjie se bose stiefma opgehou nie, maar by Narcissus, die mitiese figuur wat so vasgevang was deur die skoonheid van sy eie spieëlbeeld in die water dat hy daarop verlief geraak het.

Dié mite is meer as net ’n storie. Dit het aanleiding gegee tot allerlei interessanthede, insluitend ’n toestand bekend as narsisme. Volgens definisies van narsisme beteken dit ’n oordrewe fassinasie met die self, buitensporige selfliefde en ydelheid.

Kenmerke van dié selfgesentreerde spesie, blyk die konsensus te wees, is ’n opgeblase sin van eie belangrikheid. Hulle voel hulle is beter as ander mense en het min respek vir ander se gevoelens.

Agter die masker van super-selfvertroue lê egter ’n swak selfbeeld wat kwesbaar is vir die geringste kritiek. Tog bly hulle glo hulle is spesiaal en uniek en geregtig op alles, insluitend onredelike verwagtinge van voorkeurbehandeling. Hulle is hoogmoedig, hooghartig en arrogant en verafsku mense wat hulle nie bewonder nie.

O, en hulle spog subtiel, maar onophoudelik én oordrewe oor hul prestasies. En as ’n lid van dié selfbehepte bende in ’n hoek gedryf word, wys hul kleure nog duideliker: Die geskilpunt word onbewustelik onderdruk en/of bewustelik ontken, en verder word na hartelus verwring, verdraai en geprojekteer.

Ek twyfel sterk of Mohlala-Mulaudzi binne die afsienbare toekoms hierdie spieël­tjie vir haarself gaan voorhou. Sou sy dit wel doen, bevind sy haar darem in die uitgelese geselskap van die kunstenaar Pablo Picasso, die motorbaanbreker Henry Ford, die staatsman Winston Churchill en, voor ek vergeet, Miranda Priestly, die megalomaniese moderedakteur wat deur Meryl Streep vertolk word in die rolprent The Devil Wears Prada.
Die tragiese einde van Narcissus is natuurlik dat hy so meegevoer raak deur sy eie beeld dat hy dit wil omhels. Só val hy in die water en verdrink.

Maar dis nou hy. Gelukkig vir Mohlala-Mulaudzi is haar enigste verdrinkkans waarskynlik in al die verwerpte dagvaardings, onsin-litigasie en onbeantwoorde verbruikersklagtes wat opstapel in die kommissie se kantore wat glo soos die vertoonkamer van ’n meubelwinkel lyk.

Ongelukkig vir haar gaan haar grootste nagmerrie dalk kort voor lank waar word: dat sy verval in die vergetelheid waarin die einste hope verbruikersklagtes lê.

Kortliks

Absa waarsku: Moenie ’n slagoffer van SIM-uitruilbedrog word en op e-pos of SMS’e reageer wat vra dat jy jou rekeningnommer, wagwoord of PIN aanlyn moet opdateer nie.

* In Junie het ek verslag gedoen oor Helet van Blerk wat R17 000 opgedok het om ’n sitkamerstel te laat herstoffeer by ’n maatskappy genaamd Mag-lounge. Wat sy ná drie weke teruggekry het, was louter knoeiwerk, en die bestuurder Dirk Bosch se verskoning?

Hy het ’n opdrag van sy grootste klant gekry en kon net drie van die 21 dae aan haar stel bestee.

Nadat ek Bosch op die vingers getik het, het hy blykbaar tydelik wakker geskrik. Van Blerk laat weet die afgelope week: “Die stel lyk steeds nie presies soos hy moes nie, maar is vir my aanvaarbaar. Maar kan jy glo, hy het ’n faktuur gestuur! Hy verwag ons moet die helfte van die materiaal betaal wat hy moes oorbestel as gevolg van sy foute”.

Verder het hy “weens kontantvloeiprobleme” twee weke gelede gevra vir ’n uitstaande bedrag vir werk wat nog nie voltooi is nie. Ek wonder of hy ooit besin oor die moontlike verband tussen sy kontantvloeiprobleem en sy jammerlike diens.

Wenk

Dieakte- en oordragprokureur Martin Potgieter gee in sy nuusbrief “Property Bites” ’n paar rig­lyne en menings rondom die konsep “voetstoots”. Hy skryf: “Die voetstoots-konsep, oorspronklik ’n Nederlandse regsterm, was nog nooit meer omstrede nie. Nadat die Verbruikerswet in werking getree het, dink baie mense klaarblyklik voetstootshet eenvoudig van die eiendomshorison af verdwyn. Na my mening – en dié van 99% van prokureurs in Suid-Afrika – is dit nie die geval nie.

“Voetstoots beteken eenvoudig dat ’n koper enige vaste eiendom koop soos dit staan, met gebreke en al. Die verkoper word teen regs­eise deur die koper beskerm op grond daarvan dat hy die koper in kennis gestel het van sekere (duidelik sigbare/maklik bepaalbare) foute en latente foute in die eiendom waarvan die koper nie bewus was nie.

“Het die Verbruikerswet voetstoots uit ons regstelsel verwyder?

* Nuwe eiendomme wat gekoop word van ontwikkelaars of verkopers wat eiendom as deel van hul gewone professionele werksaamhede verkoop: Ja. Die Verbruikerswet is van toepassing en kopers is dienooreenkomstig geregtig op beskerming.

* Tweedehandse eiendomme wat privaat gekoop word: Nee. Indien voetstoots (of ’n soortgelyke klousule) by die koopkontrak ingesluit word, is dit wel van toepassing.

* Tweedehandse eiendomme waar ’n eiendomsagent betrokke is: Nee. Die argument is dat die Verbruikerswet nie van toepassing is op beroepe wat deur hul eie parlementêre wette gereguleer word nie en eiendomsagente is bloot tussengangers.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-20°C Mostly sunny. Mild. Pta: 11-25°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 11-19°C Showers late. More sun than clouds. Mild. Bfn: 11-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
Dbn: 16-22°C Numerous showers. Mostly cloudy. Cool. PE: 13-16°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!