‘Verkragte’ rugbyseun praat

2012-07-21 23:52

Die skoolseun wat na bewering op ’n rugbykamp van sy skool gemolesteer is. Hy sê hy probeer hard om die gebeure te verwerk. | Foto: Edrea du Toit

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Drie maande ná die skokvoorval waarin ’n Kaapstadse skoolseun na bewering tydens ’n rugbykamp aan die Weskus gesodomiseer is, het die seun vir die eerste keer daaroor gepraat.

Die seun (16) sê hy steun sy ouers om die beweerde oortreders tot verantwoording te roep.

“Want dit kan keer dat dieselfde met ander kinders gebeur.”

Hy is ’n voormalige leerling aan die Edgemead High School en het eksklusief met Rapport gepraat oor die vermeende molestering met ’n besemstok en piesang.

Sy voorkoms is ook ontsier tydens ’n skool-rugbykamp by Velddrif.

Hy probeer die voorval op sy eie manier verwerk, sê die seun.

“Ek probeer om nie daaraan te dink nie. En ek maak maar ’n grap daaroor as iemand oor daai dag praat. Of ek ontken dit. Dan hou mense op om daaroor te praat of my te spot.”

Sy ouers het namens hom ’n klag by die polisie ingedien.

Die nasionale vervolgings­gesag (NVG) het die gesin onlangs laat weet adv. Megan Blaauw is aangewys om die saak te hanteer.

Volgens Eric Ntabazalila, ’n NVG-woordvoerder, is die saak na die polisie terugverwys vir verdere ondersoek.

Die seun se pa het intussen sy eie regsverteenwoordigers aangestel.

Hulle wag op ’n bevinding van die NVG.

Die Wes-Kaapse onderwys­departement (WKOD) het bevind Edgemead High School het die ­sewe oortreders op ’n gepaste ­wyse gestraf deur hulle voor die skool se tug­komitee te daag weens hul “gedrag wat met alkohol­gebruik gepaardgegaan het”.

“Al sewe is toepaslik gestraf,” lui ’n verklaring deur Redford ­Lawrence, die skoolhoof.

Die ouerpaar het toe hul seun na ’n plattelandse skool verskuif.

“Ek gaan nie toelaat dat die saak so maklik onder die mat ingevee word nie,” sê die pa.

“Dis waarom ek aan die deur van die NVG bly klop. My kind is verneder, of aangerand. Tot vandag toe het hy nie soveel as ’n verskoning van die skool gekry nie.”

Die jong uitblinker-sportman sê hy sien nou vir die eerste keer kans om te praat oor wat in April “aan my gedoen is”.

Hy was die jongste van die groep wat die Saterdag teen die plaaslike skool se eerste span gespeel het.

Die aand ná die wedstryd is hy na bewering met ’n besemstok en piesang gemolesteer terwyl hy geslaap het. Hy erken dat hy en van die seuns alkohol in die hande gekry het.

“Maar dit gee niemand die reg om sulke dinge aan my te doen nie.

“Toe ek Sondagoggend wakker word en die foto op my BlackBerry sien, het ek uitgefreak. Wat gaan hier aan? het ek gedink.

“Toe kyk ek in die spieël. My linkerwenkbrou was weg, afgeskeer. My hele neus vol tandepasta. Op my kaalgeskeerde kop was ’n penis geteken. Iemand wou glo op my kop ontlas, maar een spanlid het gekeer.

“Ek was woedend. Ek het tekere gegaan. Die ouens het net daar gestaan. Ek het ons afrigter gaan vra wat aangaan. Hy’t gesê hy weet nie. Ek kon nie verstaan dat my spanmaats dit kon doen nie. Ek het selftrots. Ek is verneder. Dis ’n verleentheid.

“Ek is bly ek is uit daardie skool. Ek is gelukkig waar ek nou is. Ek het great nuwe vriende. My koshuisvader en skoolhoof sê ek moet enige tyd met hulle praat as ek so voel.”

Eers was hy kwaad vir sy ouers oor die openbaarmaking van die voorval.

“Nie meer nie. Ek verstaan dit gaan nie net oor my nie. As ons kan keer dat dit met ander kinders gebeur, is dit goed.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Agge nee? Arme ou Kenneth Meshoe maak in 20 jaar g'n hond haaraf nie. En hy's dan selfs agter ander randeiertjies soos Mulder se verkramptes en diktator Holomisa se matertjies! Daar's seker meer Blourokkies in SA as aanhangers van madala Kenneth? Hy's dan soos 'n donkie wat in die Durban July deelneem. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.