‘Verlig, trots en dankbaar’: Polisielid se Steyn-obsessie

2012-09-25 12:27

Ao. Peet du Toit, die speurder wat die Sondagverkragter vasgetrek het. | FOTO: Nicolene Olckers

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit het twee jaar gelede begin met ’n polisiekunstenaar se “vreemde” gevoel oor ’n verkragtingsaak in Krugersdorp.

Dit het die afgelope week geëindig toe Jaco Steyn, die Sondagverkragter, vyf keer lewenslange tronkstraf, asook 170 jaar opgelê is op 33 aanklagte van onder meer ontvoering, verkragting en moord.
Hy is gevonnis in die Johannesburgse hooggeregshof wat in Thokoza aan die Oos-Rand gesit het.

“Ek is verlig. En dankbaar. En so ’n klein bietjie trots,” sê ao. Peet du Toit in sy netjiese kantoor by die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Krugersdorp. Dis dieselfde kantoor waaruit hy Steyn, wat maande lank ’n skrikbewind in drie provinsies gevoer het, sedert 31 Oktober 2010 gejag het.

“Ek kon nie ’n oomblik afskakel nie. Die laaste twee jaar eet en slaap ek nét die Sondagverkragter,” sê Du Toit.

“In my amper 20 jaar as ’n polisieman het ek nog nooit so ’n saak gehad nie. En ek het nog nooit soveel boosheid in een mens teëgekom nie.”

Du Toit (37) is ’n “gebore en getoë Krugersdorper” en die middelste van drie kinders.

Hy is op net 17 polisiekollege toe. Nadat Du Toit sy tande by die uniformtak in Hekpoort geslyp het en ná agt jaar by die Wes-Randse bedrogeenheid het hy hom in 2001 by die GKS aangesluit.

Hy het op 31 Oktober 2010 die ontvoering en verkragting van ’n meisie in Krugersdorp begin ondersoek. “Toe ons ’n gesigsamestelling van die verdagte maak, het die kunstenaar gesê iets aan dié saak voel vreemd.”

Die werkwyse het ooreengestem met nóg ’n verkragting ’n maand vroeër in Carletonville. Toe hy bewus word van ’n derde soortgelyke voorval – in Vanderbijlpark – het hy vermoed dis die werk van ’n reeksverkragter.

“Ek het elkeen van dié sake van voor af begin ondersoek, wéér met slagoffers en getuies gepraat, wéér na die tonele gery,” sê Du Toit.

Die volgende paar maande het hy “die wêreld platgery” op soek na iets wat die Sondagverkragter, soos hy intussen deur die media gedoop is, aan die kaak sou stel.

“Ons DNS-toetse het niks opgelewer nie, want hy het sy spore goed doodgevee en die moeite wat hy gedoen het om hom te vermom met pruike, hoede en brille was buitengewoon.

“Ek het begin om toetsoproepe van my selfoon te maak by elk van die tonele en die plekke waar die meisies ontvoer is.”

Daarmee kon Du Toit vasstel watter selfoontorings die oortreder se foon sou opvang en só is Steyn later met die misdaadtonele van tien voorvalle verbind.

“Ons kon met sekerheid sê hy was in sommige gevalle so naby as 50 m van die kinders.

“Nadat ons sy identikits aan die media beskikbaar gestel het, is ons oorval met wenke. Ek het seker 17 ander mense ondersoek.

“Dit was ’n geweldige roller ­coaster-rit en soms was ek bang dat ek hom nooit sou vang nie.”

Die wete dat sy 11-jarige dogter, Alicia, net so oud was soos van Steyn se slagoffers het hom aangevuur. Toe kom die wenk op 12 Oktober verlede jaar – die dag waarop die 16-jarige Louise de Waal ontvoer en vermoor is.

“Iemand wat die sketse gesien het, het gebel met ’n naam en ons kon só ’n adres opspoor,” sê Du Toit. Dáár het die polisie ’n silwer bakkie aangetref met ’n swart vullissak waarin Louise se skoolrugsak was.

Hy beskou homself nie as ’n held nie, sê Du Toit, hy was deel van ’n span. “Ja, ek het my doodgewerk, maar dis wat ek van die polisie sal verwag sou dit mý kind oorkom.”

Dit was nie maklik vir sy dogter of sy vrou, Joey, nie, erken hy.

“Hulle het my deur dié tyd gedra, veral in die laaste paar maande, toe die saak alles oorheers het. Ek het al baie reeksverkragters gesoek én gevang, maar Steyn se wreedheid sal my lank bybly.

“Hy is die boosheid self. ’n Monster sonder enige gewete. Ek glo hy sal dit weer doen, sou hy ooit vrygelaat word.”

Daarom het Du Toit die versoek van Steyn om persoonlik al sy jong slagoffers om verskoning te vra summier verwerp.

“Oor my dooie liggaam sal ek toelaat dat hy ooit weer naby hulle kom.”

Antiklimaks: Die monster is ’n man

“Hi, ek is Jaco. Ek wil gesels.”

Met dié eenvoudige woorde het die Sondagverkragter, Jaco Steyn, die man gegroet wat eiehandig sy ondergang bewerkstellig het.

Steyn (36) het Du Toit op 13 Oktober verlede jaar uit Margate gebel nadat hy daarheen gevlug het toe die polisie se net ál stywer om hom gespan het.

“Hy het gesê hy het homself in die see probeer verdrink. Ek was lus om hom aan te raai om ’n paar klippe in sy sak te sit en wéér te probeer,” het Du Toit aan Rapport gesê.

“Ek het hom egter omgepraat om hom eerder te oorhandig.”

Du Toit het sowat 20 minute lank met ’n emosionele Steyn gesels terwyl hy na die Margate-polisiekantoor gery het.

“Ek het gevra dat hy die foon vir die eerste polisielid wat hy sien, gee. Toe hy dit doen, het ek dié beampte gevra om die man voor hom vir moord te arresteer.

“Dis die eerste keer dat ek as’t ware ’n telefoonarrestasie uitvoer, maar die belangrikste was om hom dadelik vas te trek.”

Volgens Du Toit was sy eerste ontmoeting met Steyn nie wat hy verwag het nie.

“Ek het ’n prentjie in my kop gehad van die man na wie ek al daardie maande gesoek het. Dit was ’n anti­klimaks toe ek hom uiteindelik sien,” het Du Toit gesê.

“Ek het ’n monster verwag wat in kettings vasgebind sou moes word – nie die vaal, doodgewone ou wat voor my gestaan het nie.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!