Vermoorde se vrou eis R7,5 miljoen van polisie

2009-11-28 23:00

Me. Priscilla Eva by ’n houtkruis wat sy vir haar man, Ken, opgerig het op die plaas naby Eshowe in KwaZulu-Natal waar hy vermoor is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die weduwee van ’n plaasbestuurder wat in 2007 in KwaZulu-Natal deur plaasbesetters vermoor is eis miljoene rande van die polisie weens “growwe nalatigheid en onbevoegdheid”.

Net een van ’n groep aanvallers is kort ná die moord op mnr. Ken Eva in hegtenis geneem hoewel daar letterlik honderde mense – ook polisielede – teenwoordig was toe dit gebeur het.

Die moord het plaasgevind tydens ’n vergadering wat gehou is oor die besetting van ’n deel van die plaas wat deur Eva bestuur is.

’n Geraamde 200 plaasbesetters, gemeenskapsleiers, verteenwoordigers van staatsdepartemente asook polisielede van Eshowe en Melmoth het die vergadering bygewoon.

Eva is deur ses aanvallers met knopkieries en kapmesse vermoor. Net een verdagte, mnr. Sipho Sha-ngwe, is in hegtenis geneem. Hy is egter die volgende dag vrygelaat nadat borgtog aan hom toegestaan is.

In ’n aanmaningsbrief van 28 bladsye wat Maandag aan die minister van polisie, mnr. Nathi Mthe-thwa gestuur is, eis mev. Priscilla Eva R7,5 miljoen vir onder meer “verlies aan inkomste, emosionele trauma en algemene skade”.

Sy eis ook toegang tot sekere polisiedokumente en dat die polisie die moord onmiddellik oplos.

Eva het aan Rapport gesê sy kan steeds nie haar man se dood verwerk nie, is “emosioneel uitgeput” en finansieel in ’n benarde situasie.

“Dis hoog tyd dat die polisie hul werk begin doen en my vergoed vir my groot verlies,” sê sy.

Haar prokureur, mnr. Jurgens Bekker van Bedfordview in Johannesburg, voer in die aanmaningsbrief aan die polisie was nalatig by die vergadering omdat geen poging aangewend is om die moord te keer nie.

Die moordtoneel is nie beveilig nie en niks is gedoen om te verhinder dat bewysstukke verwyder of vernietig word nie.

Ken Eva se familie het later ’n bebloede vingerafdruk op sy selfoon se battery gekry, maar die polisie het glo nie daarin belang gestel nie.

Die rede is moontlik dat lede van die plaaslike polisie ’n persoonlike belang het by die gronddispuut en duidelik simpatie het met die plaasbesetters, voer Bekker aan.

Die polisie het nog nie ’n verklaring afgeneem by een van die polisielede wat die vergadering bygewoon het of enige ander getuies nie, skryf Bekker.

Die ondersoekspan het ook nie die ongelukstoneel behoorlik forensies ondersoek, die nodige foto’s op die toneel geneem of ’n verslag opgestel oor bewysstukke wat gevind is nie.

’n Vrou wat bereid was om Eva se moordenaars uit te wys, me. Faneleni Mhlongo, is ook nooit ondervra nie en nie in ’n getuiebeskermingsprogram geplaas nie. Sy het intussen spoorloos verdwyn.

Bekker voer ook aan die polisie het geen poging aangewend om uit te vind wie telefoniese doodsdreigemente aan Eva gemaak het voor sy moord nie.

Die plaasbesetters maak aanspraak op ’n deel van die plaas omdat hulle glo dit behoort aan ’n plaaslike hoofman.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.