'Verwelkom nuwelinge, maar staak ontgroening'

2001-10-07 00:17

Daar's "ruimte" vir die "ontvang en verwelkom" van nuwelinge by skole en universiteite, sê die Menseregtekommissie (MRK) in sy verslag oor ontgroening.

Maar ontgroening in die tradisionele sin van die woord, die praktyk met 'n slegte naam vir gewelddadigheid, is onaanvaarbaar.

Ontgroening, so wys koerantberigte, is lankal nie meer 'n politiek korrekte benaming vir die maniere waarop "gwappe", "ienke", "plebbe", "ponke" en "jarre" toenenemd tot die ontsteltenis van hul ouers op kampusse "verwelkom" word nie.

Die meeste onderwysinstellings verwys nou daarna as "oriëntasie".

Maar daar is selfs in "oriëntasie" - gedefinieer as "onskadelike" bedrywighede wat daarop gemik is om 'n student op 'n beskaafde manier in sy/haar klaskamer en koshuis tuis te laat voel - praktyke wat vir die MRK onaanvaarbaar is.

Dit kan bloot bedrywighede wees wat met 'n student se slaap of studie inmeng, maar dit kan steeds só erg wees dat dit jeugdiges in die hospitaal, 'n rystoel of die graf kan laat beland.

Dit vind steeds by opvoedkundige instellings plaas.

Dit staan in die koerantargiewe van die laaste dekade opgeteken: nuwelinge is op kampusse verwelkom deur tekkiepartytjies en erge aanrandings, varkmisdope en selfs 'n mop met molasse tussen die bene.

Nuwelinge word gedwing om kaal deur strate te hardloop, word geblinddoek en op vreemde plekke in die donker afgelaai.

Sogenaamde "harde koejawels", wat verkies om nie só verwelkom te word nie, word aangerand of "gestort".

Die mees vooraanstaande manskoshuise op Tukkies het volgens berigte "geheime" tradisies wat die inhok van nuwelinge in 'n klein kamertjie met 'n vloer vol water gemeng met Vicks en DeepHeat (vir walms) behels.

Onder "ontgroeningsmengsels", oftewel "oriëntasiemengsels" om nuwelinge in hul koshuise "tuis" te laat voel, tel 'n bak vol tabak, duiwelsdrek, mieliemeel en skeerroom wat gesluk word met 'n sous bestaande uit tamatiesous, tee, blatjang en seep.

'n Nuweling by die Potchefstroomse Landboukollege het 'n paar jaar gelede in die hospitaal beland nadat sy 'n "oriëntasiemengsel" met diesel daarin ingegee is.

Die owerhede van universiteite en landboukolleges het wél die laaste jare begin optree teen dosente, koshuisvoogde, huiskomiteelede en studente wat hulle aan dié soort vergrype skuldig maak.

Volgens koerantberigte was daar die laaste jare tugverhore by die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van Pretoria en die Randse Afrikaanse Universiteit.

Maar dit was nie 'n deursigtige proses nie.

Die name van die skuldiges is nooit bekend gemaak nie en die vonnisse, meestal boetes of skorsing uit koshuise, is telkens opgeskort.

Enersyds wys koerantberigte dat nuwelinge altyd in groot, sigbare groepe in die openbaar "georiënteer" word.

Anderyds beweer owerhede van onderwysinstellings dikwels dat skadelike praktyke sonder hul wete plaasgevind en op 'n ander plek as die skoolterrein of die kampus geskied het; dat hulle geen getuienis vir ondersoeke kan kry nie omdat "studente nie praat nie" en dat hulle daarom nie verantwoordelik of aanspreeklik vir vergrype teen jeugdiges in hul sorg is nie.

Dis 'n soort skaakmat wat dalk opgelos kan word deur die beginsel in loco parentis, wat die MRK in sy verslag onder die aandag van die minister van onderwys gebring het.

Ingevolge dié beginsel word 'n instelling aanspreeklik gehou vir die vergrype wat deur mense onder sy toesig aan ander mense onder sy toesig gepleeg word.

mwaldner@rapport.co.za

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!