Vleisprys styg omdat soveel vee gesteel is

2012-07-15 00:00

Veediefstal is ’n georganiseerde misdaad wat vleisverbruikers se sakke ruk.

Van April 2010 tot einde Maart 2011 is bykans 200 000 stuks vee (beeste, skape en boerbokke) ter waarde van nagenoeg R612 miljoen in die land gesteel.

Jaco Maré, voorsitter van die nasionale veediefstal­forum, sê veediewe is nie “potslagters” nie, maar sindikate wat teeltroppe steel.

“Hulle steel nie omdat hulle honger is nie. Hulle steel die hele trop of kudde.”

Volgens Maré is veediefstal meer kommerwekkend as renosterstropery.

“Renosterstropery kry baie publisiteit en ek het simpatie daarmee, maar mense eet nie renostervleis nie. Hoe meer veediefstal daar is, hoe kleiner is die vleisaanbod en hoe hoër word die prys.”

Maré raam sowat R400 miljoen se vee word jaarliks in Suid-Afrika gesteel.

Kol. NP Mbambo, Vrystaatse provinsiale polisiewoordvoerder, beaam dat veediefstal ’n georganiseerde misdaad is. “Ons vind dat, net soos met dwelmhandel, daar sindikate is wat runners aanstel om vee te steel.”

Wat veediefstal langs die landsgrense vererger, is dat daar prosedures is wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet volg voordat hulle iemand in ’n ander land in hegtenis kan neem.

Sedert April verlede jaar is daar al 2 108 lede van die Suid-Afrikaanse weermag ontplooi aan die grense as deel van Operasie Coronsa.

“Die grens tussen Lesotho en Suid-Afrika word die meeste geraak deur veediefstal en onwettige weiding,” sê kapt. Zamo Sithole, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse weermag.

Volgens Sithole het die weermag in die 2011-’12-boekjaar 1 373 diere opgespoor en terugbesorg aan boere aan die Lesotho-, Swaziland- en Mosambiek-grens.

Die weermag beplan om nog lede te ontplooi om die veediefstal-probleem wat nou aan die Botswana-grens kop uitsteek, te bekamp.

’n Bekommerde boer van die Lichtenburg-gebied het Rapport geskakel nadat 20 dragtige ooie gesteel is.

Die boer weet van talle ander boere aan dié grens wat ook deurloop.

Volgens Maré maak die weermag se teenwoordigheid wel ’n verskil, maar is daar steeds te min patrollies.

“As ’n patrollie verby is, weet die diewe dit gaan lank wees voor die patrollie weer verbykom.”

Volgens Gerhard Schutte, uitvoerende beampte van die nasionale veediefstalforum en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), is veediefstal ’n “Afrika-probleem”.

“Dit veroorsaak dat Suid-Afrika nie kan meeding met die res van die wêreld wat invoer en uitvoer betref nie.”

Volgens Schutte is veediefstal nie net aan die landsgrense ’n probleem nie, maar oral. “Die afgelope tien jaar het dit nie juis vererger nie, maar ook nie verbeter nie.”

Van 1 April 2010 tot 31 Maart 2011 lyk die syfers só:

Beeste: 60 600 is gesteel, 26 458 is teruggevind. Dit is ’n verlies van sowat R256 m.
Skape: 90 017 is gesteel, 18 541 is teruggevind. Dit is ’n verlies van sowat R86 m. Dit word bereken volgens ’n gemiddelde prys van van R7 500 per bees, R1 200 per skaap.
Bron: Rooivleisprodusente-organisasie (RPO)


Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Yolandi Ferreira sê... Dis die nuwe Suid Afrika... Grootste prestasie vir swak diens.... Wat 'n klug Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.