Vlugplan: ‘Land se naam’ op die spel

2012-01-21 23:12

Miljoene rande is die afgelope drie maande bestee aan ekstra vliegtuie om amptelike vlugte van pres. Jacob Zuma en adj.pres. Kgalema Mo­tla­n­the te vergesel.

Volgens lt.genl. Carlo Gagiano, lugmaghoof, is daar al “’n paar keer” ekstra vliegtuie saamgestuur as Zuma op “tydskritieke” buitelandse besoeke gaan. Gagiano het aan Rapport gesê dié gebruik is ingestel nadat Motlanthe verlede jaar amper ’n ampsbesoek aan Finland misgeloop het weens probleme met sy vliegtuig.

“Sedert Helsinki moes ons dink aan die implikasies as hulle vlugte mis en nie by plekke kan uitkom nie. Ons plaas ekstra vliegtuie by sekere plekke om seker te maak die president kan met ’n bystandvlug met sy reis voortgaan as daar probleme is,” het hy gesê.

Dié gebruik het die belasting­betaler vroeër vandeesmaand sowat R10 miljoen uit die sak gejaag toe twee vliegtuie gehuur is om mekaar af te los terwyl hulle die presidensiële vliegtuig New York toe vergesel het, sê mnr. David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging.

Volgens die Suid-Afrikaanse lugmag het ’n Airbus A340-211 die Inkwazi, Zuma se presidensiële vliegtuig, vergesel tot by Las Palmas, die hoofstad van die Kanariese Eilande.

Intussen is passasiers op ’n kommersiële vlug na Frankfurt, Duitsland, glo afgegooi om plek te maak vir nog bemanning vir die Airbus A340-211 – ingeval Zuma by Las Palmas van vliegtuig sou moes verwissel.

Brig.genl. Martie Visser, lugmagwoordvoerder, het bevestig dat die ekstra Suid-Afrikaanse bemanning via Duitsland na Las Palmas gestuur is.

Die Inkwazi het egter nie probleme gegee nie en het die vlug tot by New York alleen aangedurf. In New York het daar reeds
’n Bombardier Global Express gewag wat die Inkwazi na Suid-Afrika terug vergesel het.

Volgens Gagiano is daar baie op die spel as ’n Suid-Afrikaanse BBP so ’n besoek misloop en is dit ’n klad op die land se naam.

Die owerhede voer ook aan dat hulle geen kans wou waag nie omdat die Inkwazi pas in Switserland versien is. Zuma is vandeesmaand voorsitter van die VN-veiligheidsraad en daar was nie “ruimte” vir probleme nie.

Die Bombardier is deel van die vloot wat deur ExecuJet bestuur word. ’n Hofgeding is aan die gang tussen die lugmag en die maatskappy AdoAir rakende ’n kontrak wat oorspronklik aan AdoAir, maar later aan ExecuJet gegee is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.