Vonke spat oor politieke moorde, Malema

2012-07-30 06:40



’n Reeks politieke moorde stuur skokgolwe deur die ANC skaars vyf maande voor die party nuwe leiers verkies op sy beraad in Mangaung.

Terselfdertyd het pres. Jacob ­Zuma die slagordes opgestel teen enig­iemand binne die regerende party wat in die aanloop tot Mangaung gevang word dat hulle saamwerk met sy aartsvyand, die ontsetelde ANC-jeugligaleier, Julius Malema.

Die vonke het behoorlik gespat op ’n vergadering die afgelope week van die party se top-besluitnemingsliggaam, die nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Op die agenda was onder meer politieke moorde, veral die skuldigbevinding voorverlede week van Matthews Wolmarans, die voormalige burgemeester van Rustenburg, aan die moord op ’n ANC-raadslid wat glo met bewyse van bedrog in die munisipaliteit vorendag wou kom.

Wolmarans en sy voormalige lyfwag, Enoch Matshaba, is die afgelope week in die hooggeregshof in Noordwes verlof tot appèl geweier nadat hulle vir onderskeidelik 20 jaar en lewenslank tronk toe gestuur is weens die moordkomplot teen die raadslid, Moss Phakoe.

Met die skuldigbevinding het regter Ronnie Hendricks sy kommer uitgespreek oor politieke onverdraagsaamheid in Suid-Afrika.
Word die moord op Phakoe in Maart 2009 bygetel, is minstens 12 huidige of voormalige ANC-leiers sedert 2009 in drie provinsies vermoor, het ’n ondersoek deur Rapport se susterkoerant, City Press, bevind.

Die ANC het die afgelope week ’n taakspan aangestel om die Wolmarans-geval te ondersoek. Dit kan tot ’n volskaalse landwye ondersoek lei.

Die taakspan is onder die leiding van Uriel Abrahamse, adjunk-bestuurder van die party se hoofkwartier, Luthuli-huis. Abrahamse is ’n oudsoldaat wat vier jaar gelede in ’n fratsvoorval ’n kleuter in West­dene, Johannesburg, doodgeskiet het.

Hy het op ’n vermeende boef geskiet toe ’n opslagkoeël die kleuter getref het. Hy is gevolglik aan strafbare manslag skuldig bevind.

Paniek in die party oor politieke moorde val saam met ’n vlaag politieke geweldvoorvalle in byna alle provinsies.

In KwaZulu-Natal het die ANC verlede week op ’n beraad gevra vir ingryping in politieke sterftes, sê Sihle Zikalala, provinsiale sekretaris van die party.

“Ons meen ’n nasionale span moet aangewys word om die sake in die provinsie te ondersoek.”

Keith Khoza, nasionale woordvoerder van die ANC, sê die uiteindelike verslag oor die moord op Phakoe kan help om vas te stel of daar wel ’n patroon van moord en geweld in die party is.

“As die polisie-ondersoeke bevestig dat die moorde polities gedrewe is en die motief vir die moorde kan uitwys, sal die ANC beslis die politieke kwessies bekyk wat uit die ondersoeke blyk.”

Op dieselfde beraad die afgelope week het Zuma die 88 lede van die NUK gewaarsku dat hulle vasgevat gaan word as hulle met Malema saamwerk. Malema is uit die ANC en die jeugliga geskop onder meer oor sy teenstand teen Zuma.
ANC-strydrosse soos Winnie Madikizela-Mandela spreek steeds openlik steun uit vir Malema, wat volstoom voortgaan om Zuma in die openbaar te ondermyn.

“Ons moet bid dat (oudpres. Nelson) Mandela lank leef, tot wanneer Zuma nie meer president is nie, want hy is nie bevoeg om hom (Mandela) te begrawe nie,” het Malema verlede week in die Oos-Kaap gesê.

Zuma het volgens hom “nie die politieke gesag” om eens naby Mandela se doodskis te staan nie.

Paddy Harper, Mmanaledi Mataboge, Sizwe Sama en Carien du Plessis.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-17°C a few showers. Decreasing cloudiness. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 1-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -3-14°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 8-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 14-16°C Scattered showers. More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!