Voorstel: Kodesa vir grond

2012-03-03 22:40

Kenners, akademici, navorsers, regeringsamptenare, regslui en landbou-organisasies het Dinsdag in Kaapstad ure lank met die grondhervormingskwessie geworstel, maar selfs húlle kon nie eenstemmigheid bereik nie.

“Ons moet een of ander tyd kant kies (in die debat) en dan het ons ’n stryd,” het dr. Gavin Capps van die Universiteit van Kaapstad gemaan.

Me. Fatima Shabodien, uitvoerende bestuurder van die Vroue op Plase-projek, het reguit gepraat. “Ons het ’n Kodesa oor grond nodig. Ons word beskuldig van emosioneel raak oor grond, maar Raymond Ackerman sal ook emosioneel raak oor Pick n Pay.”

Dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou het teruggekap: “Waarom het ons deur ’n grondherstelproses gegaan as ons dan nou ’n Kodesa moet hou? Die Vryheidsmanifes sê die grond behoort aan almal, maar daar is nie ’n regeringsprogram daarvoor nie.”

Dr. Peter Jacobs van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) wou vroeër weet of die Suid-Afrika “getroud” is met die teiken van 30% vir grondhervorming en waarom die nasionale beplanningskommissie 20% suggereer. Amptenare van die departement van grondhervorming wou dit ook weet.

Prof. Nick Vink van die Universiteit van Stellenbosch wat ook verbonde aan die nasionale beplanningskommissie is, het gesê die kommissie suggereer die 20%-teiken bloot omdat daar regstreeks en onregstreeks reeds sowat 10% van grond oorgedra is.

Dr. Stephen Greenberg, ’n onafhanklike navorser in Limpopo, reken die kommissie se benadering is onvoldoende. “Om net 30% oor te dra in swart hande gaan nie vrede en stabiliteit teweeg bring nie.”

Prof. Lungisile Ntsebeza, voorsitter van die nasionale navorsingstigting se eenheid vir grondhervorming en demokrasie, meen arbeid en werkgeleentheid is ook kwessies, nie net grond nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 1-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -1-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 10-16°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Pump& Pipe Fitters

Mpumalanga
Bilnor Labour Gauteng (Pty) Ltd
R100 Per Hour

Maintenance Manager

Gauteng
Employment Link
R24 000 - R27 000 Per Month

Communications Officer

Gauteng
Employment Link
R11 000 - R14 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!