Vorster-familie briesend oor verdagte borg kry

2012-09-09 01:06

Die familie en vriende van die vermoorde gewese krieketspeler en Namibiese sakeman Louis Vorster is woedend nadat een van sy vermeende moordenaars weer op vrye voet is.

Ephraim Vincent Nkosi (43) is eergister in die Krugersdorp-landdroshof op borgtog van R20?000 vrygelaat, terwyl die polisie steeds soek na vyf ander lede van die roofbende wat Vorster in April vanjaar doodgeskiet het.

’n Sindikaat het dié 46-jarige voormalige krieketspeler vermoedelik meer as 70?km ver agtervolg nadat hy vroeër die dag in ’n winkelsentrum in die ooste van Pretoria geld getrek het.

Vorster is doodgeskiet toe hy by die Total-vulstasie langs die N14-snelweg tussen Pretoria en Krugersdorp stilgehou het.

Die rowers het ’n groot bedrag geld by hom gebuit.

Nkosi is reeds op 25 Julie naby sy huis in Benoni aangekeer.

Hoewel die polisie dit nie wou bevestig óf ontken nie, verneem Rapport by bronne na aan die ondersoek dat Nkosi met verskeie ander gewapende rooftogte verbind word – én dat hy vermoedelik vir ander sake op borgtog uit was toe Vorster vermoor is.

Kapt. Appel Ernst, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisie soek steeds na die ander verdagtes.

“Ons wou nie vroeër die besonderhede van sy (Nkosi se) arrestasie bekend maak nie, want ons was bang dat die ander verdagtes dan op die vlug sou slaan,” sê Ernst.

“Die staat het Nkosi se aansoek om borg teengestaan, maar hy sal weer binnekort in die hof verskyn.”

Flip van Huyssteen, ’n private ondersoeker van Pretoria, het aan Rapport gesê Nkosi en vyf van sy makkers word verbind met “verskeie ander” gewapende rooftogte.

Van Huyssteen is kort ná die moord deur familie van Vorster gevra om met die ondersoek te help.

Hy het binne 72 uur kringtelevisie-beeldmateriaal van Vorster se moordenaars gehad en gehelp om dié mans, waaronder Nkosi, te identifiseer.

Volgens Marco van Niekerk, ’n jare lange vriend van Vorster, is sy familie “woedend” oor Nkosi se vrylating én dat sy beweerde medepligtiges steeds soek is.

“Die polisie is steeds niks nader aan die ander verdagtes as twee maande gelede nie en die gesloer is onaanvaarbaar,” sê Van Niekerk.

“Ons sal dié week regsadvies kry oor hoe om voort te gaan met die saak.”

* Rapport het in Junie berig die polisie het die hulp van twee van die land se voorste speurders – oudbrig. Piet Byleveld en dir. Bushy Engelbrecht – in die soektog na Vorster se moordenaars van die hand gewys.
Byleveld is kort ná die moord deur die Protea-krieketspeler Albie Morkel gevra om te help.

Vorster, ’n linkskolwer wat in sy speeldae met die legendariese Graeme Pollock vergelyk is, is in Potchefstroom gebore en het tussen 1985 en 2009 in 95 eersterangse wedstryde vir onder meer Noordwes, Transvaal en Noord-Transvaal gespeel.

Hy het later na Namibië verhuis en het ook dié land se nasionale span verteenwoordig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... God is mos almagtig en alwetend. Enigiets wat gebeur het Hy mos lank vooruit geweet en Hy laat dit toe dat dit gebeur. As Hy dit wil keer, dan kan Hy. Of hoe? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.