Vriendekring se twee traumas in drie dae

2012-07-30 06:40

Eckart Wessels van Kaapstad is Maandag dood toe hy ’n hond van ’n treinspoor af wou red en toe self deur die trein buite Stellenbosch getref is. Hy was ’n voltydse model.| Foto: www.modelmayhem.com

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat ’n heuglike mondigwording moes wees, het vir ’n meisie van Swellendam in ’n dubbele gru-treurspel geëindig.

Haar vriend Eckart Wessels (21) is die dag voor haar 21ste verjaardag dood toe hy probeer het om vriende se jack russell, Lea, voor ’n aankomende trein naby Stellenbosch te red.

Die ongeluk het Maandag om 10:57 gebeur tussen die Du Toits- en Koelenhof-stasie langs die R304 buite Cloetesville, Stellenbosch, waar die spoor deur ’n oop veldjie loop.

Die trein het die Kaapse model getref en 500 m later tot stilstand gekom.

Die hondjie is ook dood.

Wessels en die meisie, wat verkies om anoniem te bly, het nog die nuus verwerk dat ’n vriend van hulle, Werner von Aswegen, drie dae vantevore selfmoord gepleeg het deur gif te drink.

Von Aswegen was besig met sy doktorsgraad in analitiese chemie op Stellenbosch.

“Ons vriendekring was soos ’n familie. Ons was almal baie naby aan mekaar,” het die meisie gister aan Rapport gesê.

“En hier moes ons Vrydag twee van ons ‘familie’ begrawe. Eckart is in Simonstad begrawe en Werner in Stellenbosch.”

Die meisie sê sy en Wessels het Sondagaand by ’n vriendin op die plaas Weltevrede oorgeslaap.

“Ek en Eckart het Maandagoggend gaan stap toe die drie honde van die plaas ons gevolg het.

“Ons het in die pad langs die treinspoor gestap toe Lea op die spoor gaan staan het.”

Sy sê hulle het die trein gesien aankom, maar albei het gedink daar is genoeg tyd om die hond van die spoor af te haal. “Ek en Eckart het op Lea gegil, maar sy het bly staan. Eckart het gehardloop om haar te gryp.

“Die volgende oomblik het ek net gesien hoe gaan die trein oor hom. Hy het nie ’n geluid gemaak nie.”

Die trein het eers 500 m verder tot stilstand gekom.

Die vriendin sê sy weet nie hoe die polisie op die toneel gekom het nie.

“Ek weet nie wat volgende gebeur het nie. Ek het net later gehoor ’n veiligheidswag wat daar naby was, het die polisie gebel.”

Sy sê baie mense vra nou of dit selfmoord was. “Dis glad nie die geval nie. Eckart wou die hondjie red. Hy het hom bloot met die afstand en spoed van die trein misgis. Dis net so tragies.”

Sy beskryf Wessels as “regtig amazing”. “Hy was altyd so positief en hy het altyd net die mooi raakgesien. En hy was gek na die natuur.

“Hy het altyd vir my gesê hoe mooi ek lyk.”

Francina Kruger, die eienaar van die huis waar die groepie vriende Sondagaand oornag het, sê sy was besig om beskuit te bak toe sy die trein hoor.

“Dit was so hartseer om te sien. ­Eckart en die meisie het gaan stap, en toe is dit net die meisie wat terugkom.”

Wessels het in 2009 aan die Hoërskool Richardsbaai gematrikuleer en het as model in Kaapstad gewerk.

Mthuthuzeli Swartz, die streekbestuurder van Metrorail in die Wes-Kaap, het die ongeluk as “tragies” beskryf.

Die masjinis is ná die ongeluk afgeboek om van die skok te herstel.

Sers. Zenobia Sedeman van die Cloetesville-polisiekantoor sê die saak word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.