Vrou kry net 1 van ‘tweeling’

2012-07-02 07:28

’n Bedroefde Debbie Brian met haar babadogter, Lea-Maé.| Foto: Cornél van Heerden

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die babakamer was reg vir ’n tweeling, maar ná haar keisersnee het die verpleegster net een baba aan Debbie Brian (33) gegee.

“Daar was ’n fout, daar is net een baba,” het die suster gesê toe sy op 26 Maart Lea-Maé (2,2 kg) aan ­Brian in die Sebokeng-hospitaal in die Vaaldriehoek gegee het.

Sy is op 35 weke gebore.

Brian van Meyerton was baie verbaas om te hoor sy verwag haar vierde kind.

Sy was nog meer verbaas toe ’n verpleegster, wat na-uurs by haar huis sonars doen, sê dis ’n tweeling.

Volgens Brian was dit nie ’n maklike swangerskap nie en is sy in Januarie drie dae lank in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem weens hoë bloeddruk.

Op die hospitaalrekords is ook aangedui sy verwag ’n tweeling.

’n Derde en vierde sonar by die dieselfde verpleegsuster het dit volgens haar bevestig: Dit is ’n tweeling – ’n seuntjie en ’n dogtertjie.

Daarna het Brian twee van alles aangeskaf – een pienk en een blou.

Die name sou wees Lea-Maé en Nicolas Collin.

Op 22 Maart het haar water gebreek en is sy in die Sebokeng-hospitaal opgeneem.

Op hospitaaldokumentasie (sien grafika) is twee fetale hartkloppies tot voor die bevalling op Maandag 26 Maart aangeteken.

“Ek was teen 09:00 in die teater en ek was ’n baie lang tyd daar.”

Waar sy met haar vorige drie keisersneë net ’n spinale blok gehad het, was sy dié keer so swaar verdoof dat sy niks van die keisersnee kan onthou nie.

Sy is ook nie toegelaat om iemand by haar in die teater te hê nie.

Toe sy later in die kraamsaal wakker word, is Lea-Maé na haar gebring.

“My ma het al die vrae gevra, ek was in ’n toestand van skok.”

Sy en haar dogter is die Donderdag ontslaan en sy is die volgende Dinsdag terug hospitaal toe om antwoorde te probeer kry.

Die besoek het sleg verloop.

“Ek erken ek was nie baie vriendelik nie.”

Die hospitaalbestuurder het haar na die dokters wat die bevalling behartig het, verwys en hulle het aan haar gesê daar wás net een baba.

“Ek sê jou, daar was nie ’n fout nie. Ek weet hoe dit met een baba voel en hoe dit voel om ’n tweeling te verwag.”

Sy het toe by Margaret Setzer van Elmarie de Vos-prokureurs aangeklop en op Vrydag 6 April het ene ao. Barbara Mostert van die Vereeniging-polisie hulle gekontak. Mostert het glo gesê sy ondersoek ’n sindikaat wat met babas handel dryf.

“Ons het haar gaan sien en ’n klag van babadiefstal is ingedien, wat later na die Sebokeng-polisie verwys is.”

Rapport kon Mostert nie opspoor nie, maar kapt. Bheki Thwala, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n saak van kinderdiefstal ondersoek word.

“Ek wil net weet wat gebeur het,” sê Debbie. “Dit is baie moeilik. Ek huil heeltyd.”

Sy is vas oortuig dat haar seun “iewers daarbuite” is.

Medici verskil oor of daar wel een of twee hartkloppe was

Die verpleegsuster wat Debbie Brian se sonartoetse gedoen het, sê sy was baie geskok toe sy uitvind daar was net een baba.

“Sy is op 5 Januarie deur die Meyerton-kliniek na my verwys en ek het vasgestel daar is twee fetusse.

“Op 20 Januarie het sy erge pyn ondervind en ek het weer ’n sonar gedoen, waarna sy met hoë bloeddruk in die Charlotte Maxeke-hospitaal opgeneem is.”

Volgens die suster het haar vertolking van ’n derde sonar op 6 Februarie en ’n vierde sonar op 11 Maart op ’n tweeling gedui.

Sy meen ook Brian het ’n seuntjie en ’n dogtertjie verwag.

* ’n Kaapse ginekoloog, wat ook deur Brian se prokureurs genader is, sê die dokumentasie tot sy beskikking dui op ’n tweeling. Hy kon twee fetusse én hul geslag op die sonarfoto’s opmerk.

* Twee kundiges wat Rapport genader het was nie oortuig nie.

’n Pretoriase dokter het gesê sy kon geen klinkklare aanduidings kry van ’n tweeling op die beskikbare dokumentasie nie.

Sy waarsku ook dat dit baie moeilik is om ’n tweeling te sien op sonarfoto’s van die laaste trimester. Daar is nie vroeëre sonarfoto’s beskikbaar nie.

’n Radioloog sê hy sien beslis net een baba. “Om ’n tweeling op ’n sonar te sien, verg vaardigheid en spesialiskennis, veral later in die swangerskap.”

Oor die twee hartkloppies, sê hy dis belangrik dat elke baba se hart apart deur ’n eie monitor geregistreer word. In Brian se geval is een monitor met twee “voelers” gebruik. Dit kan wees dat ’n eggo-geluid van een hartklop gehoor is, pleks van twee verskillende hartkloppe.

* Die Gautengse departement van gesondheid het by navraag gesê die saak is ondersoek.

Hoewel Brian opgeneem is met ’n verslag dat sy ’n tweeling verwag, het die kardiotokograaf volgens hulle van 22 tot 25 Maart net een fetale hart geregistreer.

* Die medici wil om professionele redes nie geïdentifiseer word nie.

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-14°C Sunny. Cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-22°C More sun than clouds. Cool. PE: 9-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!