Vrou verloor duisende in skelmstreek met selfoon

2012-02-18 22:53

Ingeloop. Mev. Joey Lourens van Krugersdorp wys hoeveel geld uit haar bankrekening verdwyn het nadat skelms haar selfoon se SIM-kaart geruil het. Foto: Nicolene Olckers

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Weduwee was histeries toe sy besef skelms het derduisende rande uit haar bankrekenings onttrek nadat sy onder die indruk gebring is daar is ’n probleem met haar selfoon se SIM-kaart.

Mev. Joey Lourens (65) van Krugersdorp het op 24 Januarie altesame R66 284,57 verloor.

Dit was dieselfde dag wat ene ­Jacob, wat voorgegee het hy is van ­Vodacom, haar gebel en gesê het haar selnommer is per abuis aan iemand anders toegeken.

Hy het haar gevra om haar selfoon vir drie uur af te skakel sodat hy die fout kon regstel.

“Hy het gesê ek sou vir die ander persoon se oproepe betaal as ek nie my selfoon afskakel nie.”

Sy kon haar selfoon agterna nie weer aangeskakel kry nie en toe sy laataand haar bankrekening nagaan, het sy tot haar skok besef haar spaarrekening en die twee rekeninge van haar onderneming, wat promosiemateriaal verskaf, is leeggetrek.

Sy is die volgende oggend bank toe. “Absa het onmiddellik gesê dit is bedrog en my polisie toe gestuur om ’n saaknommer te kry.”

’n Skelm het blykbaar haar selfoonnommer oorgeneem terwyl haar foon afgeskakel was (’n SIM-kaart-ruiling), 15 nuwe begunstigdes aan haar rekening gekoppel, haar geld na daardie begunstigdes oorgeplaas en boonop R6 000 se SMS’e van haar nommer af gestuur, wat Vodacom onderneem het om nie van haar te verhaal nie.

Lourens het die hulp van Icco, ’n forensiese-ondersoeke-onderneming van Roodepoort, ingeroep.

Volgens me. Rianda Lessingh, uitvoerende hoof van Icco, blyk dit dat sowel Vodacom as Absa nalatig was.

“Ons het ’n toetslopie by ons kantoor gedoen en dit was doodmaklik om van ’n Absa-rekening onmiddellik geld oor te plaas na ’n nuwe begunstigde, terwyl ander banke gewoonlik ’n 24 uur-wagtydperk het.

“Dit is vir my baie vreemd dat die skelms dit kon regkry om 15 nuwe begunstigdes te skep, geld van een rekening na ’n ander rekening oor te plaas en ál die geld binne twee uur te trek.”

Absa het ontken dat hy aanspreeklik is vir Lourens se verlies omdat al die betwiste transaksies met haar persoonlike identifikasienommer gedoen is.

“Nou beweer hulle ek het my PIN vir iemand anders gegee, wat nonsens is,” sê Lourens.

“Absa ontken ten sterkste dat die bank se veiligheidsmaatreëls minder streng is as ander banke,” lui ’n verklaring deur die bankgroep.

“Absa het van die mees gevorderde en internasionaal aanvaarde tegnologie om ons kliënte te beskerm.”

Me. Ashleigh Dubbelman van Vodacom se korporatiewe kommunikasie-afdeling sê kliënte word gewoonlik ingeloop wanneer ’n “konsultant” van die bank jou bel om ’n “probleem” met jou bankrekening uit te klaar, só jou bankrekening se besonderhede kry en dan jou selfoondiensverskaffer ­skakel om ’n SIM-kaart-ruiling te doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.