Vrou verloor oog ná aanval

2013-01-27 00:29

Elsa Kolver (55) en haar man, Pieter (58),lê langs mekaar in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die regteroog van die 55-jarige vrou wat verlede Saterdag saam met haar man op hul kleinhoewe op Bainsvlei buite Bloemfontein aangeval is, is Donderdag in ’n operasie verwyder.

Elsa en Pieter Kolver (58) is steeds in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein.

Elsa se oog het klaarblyklik gebars toe een van die twee aanvallers herhaaldelik ’n geweerloop daarin gedruk het.

Haar man, ’n vulstasie-eienaar en deeltydse boer, het ernstige kopbeserings opgedoen.

Die Kolvers is in die vroeë oggendure in hul huis oorval en erg aangerand.

Elsa is met ’n staalpyp geslaan en deurentyd gedreig dat sy verkrag sou word.

Haar man is in die knie en arm geskiet en met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die aanvallers is vort met twee .38 Special-rewolwers, selfone en ’n kluis.

Die egpaar is op ’n bed vas­gebind, maar Elsa kon haar later loswoel en hulp ontbied.

Van haar tande is uitgeslaan en haar neus en bokaak is gebreek.

Ook haar regterbeen is in die aanval gebreek.

Die egpaar het gister met hul dogters, Saartjie Ysel en Ria Knouwds, gesels.

Ysel en haar pa se beste vriend, Nico Vermeulen, behartig tans die egpaar se sake.

Vermeulen het aan Rapport gesê sowel die familie as vriende en die gemeenskap “is verlig dat die egpaar die kritieke eerste week van hul ernstige beserings oorleef het”.

“My pa se grootste probleem is sy hoofbeserings,” sê Ysel.

“Ons familie se ander bekommernis is dat my ouers se mediese voorsorg net ’n hospitaalplan behels en dat dié plan nie die hoë hospitaalrekening ten volle sal kan dek nie.”

Ysel en Knouwds het ’n fonds vir hul ouers gestig om met hul mediese uitgawes te help.

Hul ma sal eersdaags ook ’n oog-prostese moet kry.

Twee mans, onderskeidelik 28 en 31 jaar oud, is Vrydagaand in Mangaung deur die polisie se misdaadeenheid in hegtenis geneem.

Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, ao. Zweli Moho­beleli, is drie vuurwapens, waaronder die een wat in die aanval gebruik is, asook die gesteelde kluis, teruggevind.

Die mans verskyn môre in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van roof, poging tot moord, aanranding en huisroof.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Morning clouds. Cool. Pta: 6-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 1-9°C Sunny. Cool. Bfn: -1-11°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 11-19°C Passing showers. More clouds than sun. Refreshingly cool. PE: 9-14°C Numerous showers. More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!