Vry – maar dis ’n ‘lewende hel’

2013-02-23 23:04

Die huis van Arnold Pistorius in Waterkloof waar Oscar Pistorius tuisgaan nadat hy vrygelaat is op borgtog. | Foto: Deaan Vivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Uit elke uithoek van die wêreld stroom die boodskap na die ster-atleet en nou moordverdagte Oscar Pistorius: Ons glo jy is onskuldig.

“God sal jou nie versaak nie. Hou aan glo. Laat dié wat sonder sonde is ’n vinger na jou wys,” skryf Miemie Homes.

“Duisende” ander het ook volgens Oscar se woordvoerder steunboodskappe gestuur.

By die Olimpiese Spele in Londen het hy sterstatus bereik en steeds put ondersteuners inspirasie uit die vinnigste man sonder bene, wat nou soos Jesus na sy einde gelei word, het Ruth Koomson uit Accra in Ghana laat weet.

Maar al is Oscar nou al amper twee dae “vry” en al dra sommiges hom, kom wat wil, op die hande, lê maande van foltering vir hom voor – en dit kan maklik jare word.

Reeds oomblikke nadat landdros Desmond Nair borgtog vasgestel het op R1 miljoen – dubbel die bedrag destyds van die dwelmbaas Glenn Agliotti in Brett Kebble se moordsaak, heelwat minder as die R3,3 miljoen wat Shrien Dewani drie jaar gelede moes opdok – het Pistorius geproe hoe bitter vryheid kan smaak.

In tonele wat herinner het aan die jaagtog waarin prinses Diana in 1997 in Parys verongeluk het, het Oscar se familie vir fotograwe probeer wegjaag in ’n silwer Land Rover Discovery sodat niemand moet weet waar hy wegkruip nie.

“Ek was vreesbevange, want ek het nog nooit so vinnig agter ’n ander voertuig aangejaag nie,” het Siyabonga Sishi gesê, ’n fotograaf van die internasionale nuusdiens Reuters. Hy het gesê hy het Oscar teen 210?km/h agternagesit.

“Nie sedert kameras in ’n helikopter OJ Simpson gevolg het toe die polisie hom in sy wit Ford Bronco gejaag het, is ’n ontvouende saak teen ’n moordverdagte so nougeset en oomblik-vir-oomblik dopgehou nie,” het Tim Butcher in The Telegraph opgemerk.

Vergete is die glanslewe van oefenkampe in Italië, die bewonderende massas by die Spele en die rooi tapyte waarop Oscar met daardie breker-glimlag hart op hart gewen het.

Verbode is besoeke aan sy R5 miljoen-huis, waar geel polisielinte keer dat nuuskieriges die bloedvlekke sien.

Weg is die borgskappe van Nike waaruit Oscar volgens CNN R16 miljoen verdien het. Sy totale inkomste was volgens die Financial Times meer as R40 miljoen. Die krane is toe.

Sy bitter vryheid lyk só:

Teen Vrydag moet hy die orige R900 000 van sy borgtog betaal.

Sy regskoste net vir die afgelope week beloop byna R700 000, reken die Sandtonse prokureur Ian Levitt, wat self al hoëprofielsake gehanteer het. In die maande nadat die verhoor op 4 Junie begin kan die rekening miljoene beloop – dit het Fred van der Vyver R9 miljoen gekos om sy onskuld in die hof te bewys.

Selfs al kry Oscar se afrigter, Ampie Louw, sy sin en rig hom reeds môre op die atletiekbaan af, sal vyf van Nair se vrae saam met die magdom joernaliste warm in Oscar se nek blaas:

* Waarom het hy nie vasgestel waar Reeva is voordat hy geskiet het nie?
* Waarom het hy nie probeer uitvind wie is in die toilet nie?
* Waarom het Reeva nie uit die toilet geskree nie?
* Waarom het Oscar en Reeva nie deur die slaapkamerdeur gevlug eerder as om na die badkamer te mik nie?
* Waarom sal Oscar hom na die toilet haas as hy weet ’n indringer wag daar vir hom?

Gister het ’n klein groepie joernaliste by die weelderige huis van Oscar se oom, Arnold Pistorius, in Waterkloof uitgekamp. Amptenare van die departement van korrektiewe dienste en familielede het onder die besoekers getel.

Vir die joernaliste was daar druiwe en energiedrankies. En toe Rapport vir Oscar se oom Arnold vra hoe dit met die lemnaelloper gaan, het hy gesê: “Dit is ’n lewende hel.”

’n Jong man hoef nie agter tralies te wees om ’n gevangene te wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
193 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.