Vrystaters vrees cholera

2010-03-13 23:19

Herstelwerk is meer as tien jaar gelede aan strate in Heilbron gedoen wat daartoe gelei het dat inwoners hul erfbelastinggeld weerhou. Dié geld word nou deur die plaaslike belastingbetalersvereniging gebruik om self paaie te herstel.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ten spyte van die goeie reën wat die afgelope maande in die Vrystaat verligting gebring het, het die gemeenskappe van Steynsrus en Matwangtwang verlede week dae lank sonder water gesit.

Die groot hoeveelhede reënwater het die verweerde wal van die opgaardam gebreek omdat dit nie onderhou is nie.

Boonop het die reën die verbindingspaaie tussen dorpe en stede in die provinsie verder versleg.

Die goeie reën moes verligting bring, maar vir baie Vrystaters het dit bloot die agteruitgang van munisipale dienste aangehelp.

In Kroonstad en Heilbron het die reënwater onverwerkte rioolafval in riviere laat afspoel omdat die munisipale rioolstelsels ineengestort het. Inwoners vrees nou ’n cholera-uitbraak.

Me. Anne-Marie van Tonder van Steynsrus sê inwoners was verlede week drie dae lank sonder water. Die stadsraad het eers op die vierde dag op hul klagtes gereageer en ’n waterkar na die raadsgebou in die middedorp gestuur.

“Bejaardes van die ouetehuis en koshuiskinders van die plaaslike skool moes honderde meters ver loop om water te kry,” sê sy.

Eiendomme in Heilbron verloor hul waarde weens die diensleweringskrisis, sê mnr. Danie Labuschagne, eienaar van die Riemland-apteek.

“Mense trek al vinniger uit die dorp na groter stede omdat hulle nie meer kans sien vir gebrekkige dienste nie,” sê hy.

Mnr. Kobus Greeff, bestuurder van Telwiedré-voere in Heilbron, sê hul vervoerkostes het met duisende rande toegeneem omdat toegangsroetes tussen dorpe so verswak.

“Dit raak al hoe moeiliker om sake te doen. Ons vragmotors moet soms draaie van meer as 120 km ry omdat die paaie so sleg is. Dit kos ’n klomp geld en neem baie tyd in beslag,” sê hy.

Die Ngwathe-munisipaliteit, wat onder meer Parys, Vredefort, Heilbron en Edenville bedien, se rekeningstelsel is in chaos gedompel.

Bitter min geld is beskikbaar vir instandhouding en die water-en-rioolsuiweringswerke in Heilbron het in duie gestort.

Die straatoppervlakte hier is ’n dekade laas geteer en die dorp se brandweerwaens is onlangs op ’n veiling verkoop.

Die Moqhaka-munisipaliteit, wat Kroonstad, Maokeng, Steynsrus en Viljoenskroon bedien, het sy kragstasie ter waarde van R30 miljoen teen ’n skamele R8 miljoen verkoop om geld in die hande te kry. Die raad het ook R32 miljoen se projekgeld van die nasionale regering gebruik om sy Eskom-rekening te betaal en die balju het op ’n verkeersvoertuig beslag gelê omdat die raad R70 000 se regskostes nie betaal het nie.

Terselfdertyd het stadsraadslede nou R471 000 goedgekeur vir ’n nuwe Mercedes-Benz E 200 CGI as ampsmotor vir die uitvoerende burgemeester.

Die inwoners van Heilbron en Kroonstad het begin om hul erfbelasting van die munisipaliteit te weerhou en die plaaslike belastingbetalersverenigings gebruik dit nou om self herstelwerk te doen.

Me. Louise Laubscher, ondervoorsitter van die Heilbron-grondeienaars-en-inwonersvereniging (HGIV), sê nadat hulle op 1 Desember 2008 ’n dispuut met die munisipaliteit verklaar het, het die stadsraad belowe om herstelwerk te doen. Dit het glo nie gebeur nie en 140 van die 805 grondeienaars in Heilbron weerhou nou belastinggeld.

Die geld word gebruik vir straatligte, straatnaamborde, munisipale tuine en sypaadjies, asook herstelwerk aan paaie, sê Laubscher.

Mnr. Gerrit van Schalkwyk, voorsitter van die Moqhaka-belastingbetalers-en-inwonersvereniging (MBIV), sê hulle het in Februarie begin om belastinggeld te weerhou.

Hier is dit soos die hel, sê lede van komitee ná besoeke

Deur Suné Kitshoff in Kaapstad

“Dit lyk soos die hel.”

Só sê lede van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se gekose komitee oor samewerkende regering en tradisionele sake nadat hulle Vrystaatse munisipaliteite besoek het.

Die komitee het eergister by die parlement hul bevindings bekend gemaak. ’n Verslag sal ook by die NRP ingedien word.

Rapporthet op 20 Februarie berig dat drie Vrystaatse munisipaliteite onder administrasie geplaas is omdat hulle tot stilstand gekom het.

Die LP’s het op 24 en 25 Februarie die Thabo Mofutsanyane-distrik (Qwaqwa) besoek, asook Bothaville wat onder die Nala-munisipaliteit val.

Eergister was hulle steeds kwaad ná hierdie besoeke.

Mnr. Dennis Bloem, Cope-LP, het gesê “dit was soos die hel” en sy kollegas het dit beaam.

In Qwaqwa het dienste tot stilstand gekom, want vakante poste, veral bestuursposte, word bloot nie gevul nie. Die munisipaliteit se geldsake is beroerd en die finansiële state onverstaanbaar.

Die vuurvreters in die komitee wil hê die droster-burgemeester moet hulle kom spreek, en versoek dat die nasionale minister, mnr. Sicelo Shiceka, ’n onafhanklike finansiële ondersoek instel.

In Bothaville is hulle deur dorpenaars uitgejou.

“Ons word gesien as deel van die regering. Hulle was sommer vir óns vies,” het die ANC-LP en komiteevoorsitter, mnr. Humphrey Mokgobi, gesê.

Ernstige aantygings van finansiële wanbestuur word teen die munisipale bestuurder in Bothaville gemaak.

“Die man is die voormalige hoof- finansiële beampte. Hy is die Vrydag in die pad gesteek en die daaropvolgende Maandag het hy aangemeld as munisipale bestuurder.

“Hy moet eenvoudig verwyder word,” het Mokgobi gesê.

“Daar is in een boekjaar 665 000 tjeks uitgeskryf waaraan geen dienste of goedere gekoppel kan word nie.” Dié geld het in munisipale werkers se sakke beland.

Bloem het in die komiteevergadering die voorsitter herinner aan die lys “spookmaatskappye” in Bothaville wat tenders ontvang het.

Die komitee wil sy ondersoeke na Gauteng en KwaZulu-Natal uitbrei.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.