'Waar is my restaurant?' vra Masterchef-wenner
2012-07-27 10:02
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Deena Naidoo kan kook van woede.
The Citizen berig die wenner van Masterchef SA is ongelukkig omdat die TV-reeks se base nie vir hom 'n restaurant as deel van sy prys gegee het soos hulle belowe het nie.
Die deelnemers is aanvanklik belowe die wenner sou R8 miljoen se pryse kry, waaronder hul eie restaurant.
Maar volgens Naidoo is dit nie wat hy gekry het nie. "Hulle maak asof ek my eie restaurant gekry het, maar dit is nie waar nie. Ek gaan net die restaurant vir twee jaar kan bestuur."
Volgens Naidoo beloop die waarde van die pryse wat hy ontvang het sowat R1 miljoen.
Op die webwerf van Masterchef SA is teen gister steeds beweer die wenner het sy "eie Southern Sun" restaurant gekry.
Die vervaardigers van die reeks hou egter vol Deena het alles gekry wat hy beloof is.
Ingrid Engelbrecht, bemarker vir die reeks, het aan The Citizen gesê "die eerste en belangrikste opsie wat aan die wenner beskikbaar was, sou die opsie wees om voltyds 'n restaurant te bestuur, ter waarde van R7 miljoen."