Waar kan jy jou dampie in vrede slaan?

2009-11-15 00:09

Onduidelikheid heers onder rokers oor die bepalings van die jongste veranderinge aan die rookwet.

Sedert die nuwe wetgewing op 21 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, is die bestuurders van werkplekke en openbare areas soos restaurante, kroeë en kuierplekke ook onseker oor hoe ver ’n roker van ’n ingang na ’n openbare plek moet wees.

“Daar is elemente van die nuwe wetgewing waarna nog gekyk moet word,” sê me. Christa Hugo, omgewingsgesondheidspraktisyn van die Stad Kaapstad.

Die nuwe wetgewing bepaal dat die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, self moet besluit hoe ver rokers in openbare plekke van deure, ingange en vensters af moet wees.

Motsoaledi het nog nie ’n aankondiging hieroor gedoen nie. Ook nie oor wat die rookbeperkings is in ander openbare plekke soos sportstadions, bushaltes, spoorwegstasies en plekke waar openbare optredes gehou word nie.

Hugo sê die wet is wel duidelik dat daar nie in openbare plekke onder enige dak of ’n gedeeltelike dak gerook mag word nie, behalwe in rookkamers wat aan die wetgewing voldoen.

Alle openbare plekke wat verbind word met volgende jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi sal ook rookvry wees.

Die minister moet ook nog aandui wanneer die verbod in werking sal tree wat sigaretvervaardigers verbied om na sigarette te verwys as “lig”, “matig” of “lae teerinhoud”.

Die wet verbied ook die gebruik van chemiese stowwe in sigarette, soos mentol of ander geurmiddels. Die datum waarop dit in werking tree, is nog onseker.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.