Waar’s my liefling van laerskool?

2012-08-20 05:57

Wie het nie al gehunker na daardie langverlore eerste liefde nie? Of tot stilstand gekom as ’n verbleikte kiekie van jou kaalvoet kattekwaad-maatjie met sproete en al uit jou kinderdae-Bybel val?



Dit is presies wat gebeur het met Marius Strauss (52) van Bellville in die Wes-Kaap wat homself ’n “swerwer van bospaaie, grondpaaie en swerwerspaaie” noem.

Die herinneringe aan sy kinderliefie, Maureen Engelbrecht, het so hard aan sy hart gepluk dat hy in Junie ’n soektog na haar begin het.

Die deernis waarmee Marius oor Maureen praat, is eg aan Namakwaland, waar hy in die myndorpie Nababeep grootgeword het. Hy vertel die storie van twee maats, omtrent so 11 jaar oud, wat in die 1960’s saam op Nababeep op skool was. Elke Sondag het hulle veld toe gegaan en piekniek gehou of sommer gebraai.

“Ons was regtig lief vir mekaar, maatjie-lief. Ons kon speel, planne maak, gesels. Selfs later hande vasgehou. Ons was beste maatjies, totdat die noodlot ons paadjies geskei het,” vertel Marius.

En toe is sy weg.



Marius besit nie eens ’n selfoon nie. Hy sê hy is ’n aardse mens wat nie deur die gelui van ’n selfoon ontwrig wil word nie. Tog het ’n vriendin hom oorreed om op die “rekenaarmasjien” na sy Maureen te begin soek. Dít doen hy toe einde Junie op Facebook.

Marius skryf op die Facebook-groep “Oud-Nababeep’ers wat weer wil ontmoet”: “Baie seisoene gelede, Nababeep, my beste maatjie, my handvashou-maatjie en ook my skelm soentjie-maatjie. Die maatjie wat saam met my veld toe gaan om te gaan swart koffie drink. My maatjie wat gehelp het om afvlerkvoëltjies weer heel te maak en ook vir tok-tokkie uit die vuur te krap. My beste maatjie wat saam met my die Toeletjies na ons toe gesing het.”

Nadat Maureen se pa skielik oorlede is, het sy en haar ma meteens die dorp verlaat.

“Ek het so verlang na ons eenkantaand-ashopies wat nie meer daar is nie, ons het nie eens gegroet nie. Sy het op die rand van die Rooiduine gaan bly, ek dink in Upington. Wonder nogal baie of sy ook weet hoe om haar tone onder die Kalaharisand in te druk en om te krul van al die lekkerkry-oomblikke.

“Haar voetspoortjies lê nog diep hier in my binneste, my eerste regte meisiemaatjie. Haar naam is Maureen Engelbrecht. Sy was nog in 1976 in Upington in die skool, en toe was ons so 16 jaar oud.”

Sy soektog het Facebook-gebruikers van die Kaap tot in Pretoria se verbeelding aangegryp. Hulle soek nou saam na die verlore bruinoog-nooientjie met die fraai poniesterte wat loer uit ’n foto wat Marius van Maureen gehou het.

Helena van der Merwe Terblanche van Kareedouw in die Oos-Kaap skryf: “Ek het ’n pel in Upington. Gaan haar vra om te post. Ai ek’s ’n sucker vir verlore liefde.”
Stephany Baard van Stellenbosch sê: “Fassinerende stukkie hierdie. As hulle mekaar weer opspoor, laat weet asb. vir ons. Dit sal ’n sprokie wees.”

Marius is nie seker wat hy sal doen as hy haar vind nie.

“Om te wat? Ek weet nie.”

Maar gaan hy haar opspoor?

“Definitief. Ek gaan haar volgende week kry,” sê die man met die heerlike bry in sy stem. Dan lag hy lekker.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.