Wat ’n grap!

2012-10-22 05:16

Vyf dae voordat pres. Jacob ­Zuma gevra het dat base in die private sektor en staatsdiens die gordels stywer trek weens die krisis in ons ekonomie, het die staat betalings van miljoene rande by Zuma se private woning by Nkandla goedgekeur.

Dokumente in besit van Rapport se susterkoerant City Press wys hoe die departement van openbare werke verlede Vrydag betalings van etlike miljoene rande gemagtig het vir minstens nege maatskappye – twee weke nadat ons onthul het die regering se besteding by Nkandla beloop meer as R200?miljoen.

Zuma het die afgelope week ’n beroep op uitvoerende hoofde gedoen om die “gordels stywer te trek in ’n gesamentlike verbintenis tot vooruitgang en groei”.

Die dokument onthul:
* 31 nuwe geboue is op die Zuma-perseel gebou. Een kontrakteur is R8 miljoen per gebou betaal;
* Die staat sal R2,3 miljoen vir hysbakke betaal om Zuma en sy besoekers van ’n ondergrondse ruimte na die hoofhuise te neem;
* As deel van “veiligheidswerk” word ’n lugversorgingstelsel teen R1,5 miljoen in Zuma se woning geïnstalleer, en
* R3 miljoen is aan koeëlvaste glas bestee.

Dit kom nadat Die Burger die afgelope week onthul het die totale koste vir Zuma se opknappingswerk het tot R248 miljoen gestyg.

In Augustus 2010 het die departement van openbare werke aan die parlement gesê die projek sal R6,4 miljoen kos.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het die besteding twee weke gelede verdedig deur te sê ’n “eerlike evaluering” van die veiligheid by Zuma se woning het uitgewys dat dit ’n “landelike gebied is waarin daar basies geen dienste is wat ons almal in ’n stedelike gebied as vanselfsprekend aanvaar nie”.

Die opknappings was volgens Nxesi nodig om die “veiligheid van hooggeplaastes” te verseker wanneer hulle Nkandla besoek.

Dít ondanks groot verbouings aan Zuma se amptelike wonings in Pretoria, Durban en Kaapstad wat sedert 2009 onderneem is teen ’n koste van honderde miljoene rande.

Betalings aan kontrakteurs by Nkandla het in Desember 2009 begin – sewe maande nadat ­Zuma as president ingehuldig is.

Die beoogde leweringsdatum vir die projek is Augustus 2013.

Ons kan boonop vandag onthul miljoene rande se opknappingswerk is gedoen sonder dat tenders aangevra is.

Thandeka Nene se Bonela Construction Enterprise and Projects het twee boukontrakte van R33,4 miljoen en R66 miljoen losgeslaan, waarvan die eerste vir “noodwerk” was wat nie op tender uit is nie. Dit is volgens ’n bron in die departement algemene praktyk vir projekte in die departement se “Prestige-portefeulje” waarvan Nkandla deel is.

Betalings aan Bonela het in April verlede jaar begin, maar ’n amptenaar van openbare werke het die totale besteding verlede Vrydag afgeteken. Nene het verlede week aan die Sunday Times gesê haar onderneming is gelikwideer omdat die departement versuim het om haar R8?miljoen vir werk aan Nkandla te betaal.

Toe Nene daarop gewys is dat haar maatskappy bykans R100?miljoen uit die projek verdien het, het Nene, wat ’n voorliefde vir Duitse sedans en luukse vakansies het, gesê die syfers “is nie korrek nie” en dat sy nie “kan praat nie as gevolg van vertroulikheidsooreenkomste”.

Nog ’n maatskappy, Money­time 310, is gekontrakteer om ses nuwe geboue teen R47,6 miljoen op die perseel te bou. Dit beteken elke gebou het R7,9 miljoen gekos. ’n Besoekersentrum, gimnasium en gastekamers is onder meer deel van die projek.

Op ’n mediakonferensie twee weke gelede het Zuma gesê sy familie het vir die bouwerk betaal. “Wanneer mense my huis op die TV sien, dink hulle die regering het dit vir my gebou.

“Nee. ’n Groot deel daarvan ... dít het die familie gedoen. Hoe dit dan gedoen is, ek wil nie oordeel nie.”

Volgens ’n dokument van openbare werke sou Zuma vir altesame R10,6 miljoen pa staan.

Ondanks verskeie versoeke het dié departement nie op vrae gereageer nie. Die meeste van die 15 kontrakteurs wat aan die projek gewerk het, het geweier om kommentaar te lewer en vertroulikheidsklousules as rede aangevoer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.