Wat pomp, Steve?

2012-01-28 23:09

Lirieke in ’n liedjie wat na die sanger Steve Hofmeyr verwys, het ’n Twitter-storm om die koppe van die zef rapgroep Die Antwoord en Jack Parow laat losbars.

Hoewel die liedjie, Wat pomp, al twee jaar oud is, het Hofmeyr eergister eers getwiet: “Die Antwoord en Jack Parow beledig my êrens op hul CD. Ek weet nie hoekom nie.

“Enigiemand?”

Parow en Die Antwoord het die liedjie destyds saam opgeneem.

Parow rap in die liedjie: “Look at that lekker romantiese Afrikaans superster rapper... Lat die beat drop player. Die naam’s Jack Parow f*k Steve Hofmeyr. Wat Pomp Julle.”

Hofmeyr se aanhangers het baie vinnig op sy Twiet gereageer met steun en kritiek soos: “Hulle (Die Antwoord en Parow) is trash” en “Hulle soek aandag en ploeg met jou naam”.

Hofmeyr het in antwoord op sy ondersteuners geskryf: “Nee, ek het nie slapelose nagte nie. Maar baie vra my oor Die Antwoord en Parow. Ek werk aan ’n antwoord.”

Hofmeyr het wel in ’n vroeëre blog-inskrywing geskryf hoewel hip-hop nie sy ding is nie, vind hy aanklank by Parow en Die Antwoord.

Parow (sy regte naam is Zander Tyler) was gister verbaas toe Rapport hom van die Twitter-gesprek meedeel.

“Daai is ’n ou song, bra. Hoekom is daar nou ’n bohaai?

“Steve is ’n pimp. Hy het sy eie gat gegrawe.

“Hy is ’n rowwe man wat like van doppe kap en ’n klomp girls opchat.

“Ek kan nie help as hy só is nie,” het Parow gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.