Web-skrywe was bloot toevallig

2010-03-13 23:19

Gru-moord. Anika Smit (17) is raaiselagtig vermoor, haar hande is afgekap en toe deur die moordenaar(s) saamgeneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Jong man se “ergste nagmerrie” het waar geword toe hy op Facebook geskryf het rugstekers se hande moet afgekap word.

Presies dít het toe met een van sy vriende gebeur.

Nou sê dié 23-jarige man van Springs aan die Oos-Rand hy word verkeerdelik verdink van die grusame moord op en moontlike seksuele aanranding van Anika Smit (17). Haar naakte lyk, waarvan die hande afgekap is, is Woensdag in haar huis in die noorde van Pretoria gevind.

Sy is verskeie kere met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek.

“Dit voel vir my unreal. Ek het gedog dis ’n grap,” sê die man oor die “toeval” van die Facebook-boodskap.

Anika het Woensdag by die huis gebly omdat sy oorinfeksie gehad het. Haar pa het die middag ná werk in haar slaapkamer op haar lyk afgekom.

Die man het twee weke gelede op sy Facebook-muur geskryf: “If a man stabs you in the back, you cut his f**kin hands off!”

Om die “misverstand” verder aan te vuur, het hy op die dag van Anika se dood geskryf: “Ek word wakker in die nag en sien ’n groot gebaar, op die hoek van my bed is die hoenderman wat na my staar!”

Hy het reg onder dié inskrywing gesê sy mental picturevan die duiwel is ’n hoender”.

Maar hy het aan Rapport gesê dié woorde kom uit ’n lied se lirieke.

“Ek sien nou hoe stupid dit was. (Die verwysing na rugstekery en hande afkap) is net ’n gesegde! My lewe gaan in ’n nagmerrie ontaard.

“Ek het nog nooit aan ’n meisie geraak nie... Nie op ’n lelike manier nie.

“Ek is net ’n jong man wat vir myself ’n lewe wil maak. Ek het niks gedoen om dit te verdien nie.”

Volgens hom het hy vir Anika sowat drie jaar gelede by ’n vakansie-oord ontmoet en haar ’n jaar laas gesien. Volgens hom was sy net ’n “kennis”.

Verskeie vriende van Anika met wie Rapport gesels het, het nie geweet wie dié man is nie.

Hy het gisteroggend gesê hy gaan uit sy eie polisie toe om sy kant van die saak te stel. Dit was nadat Rapport se susterskoerant Beeld gister oor sy Facebook-inskrywings berig het.

Later het hy laat weet hy gaan nie polisie toe nie, “want ek het niks om weg te steek nie”.

Insp. Annerie Robinson, ondersoekbeampte, het gesê die ondersoek is in ’n uiters sensitiewe stadium. Die polisie wil dus nie uitbrei oor wat op die toneel gevind is en die “vele” leidrade wat opgevolg word nie. Die doodsondersoek word Donderdag gedoen.

Die raaiselagtige omstandighede van Anika se moord sluit in dat niks gesteel is nie en dat die moordenaar die hande saam met hom of haar geneem het.

Anika het ’n paar jaar gelede van die huis af weggeloop, maar haar vriende sê sy was nie met dwelms deurmekaar nie.

Mnr. Johan Smit, Anika se pa, glo sy dogter het haar moordenaar geken, anders sou sy nie die honde agter in die erf gaan toemaak het nie.

Hy het gister gesê die familie sukkel nog baie om die skok van haar gru-dood te verwerk.

Jessica Annendale, ’n mede-leerling aan die Hoërskool Gerrit Maritz, het gesê haar beste vriendin sou altyd die positiewe in mense raak sien. Sy was baie vriendelik en wou almal gelukkig maak.

Ook Mazie de Kock het gesê Anika was ’n “perfekte vriendin”.

- Anika word Vrydag om 10:00 vanuit die NG gemeente Florandia in Pretoria begrawe.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.