Wêreld gons oor 'hemelse visioen'

2012-10-20 23:33

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In 1920 het ds. Michiel de Kock, ’n predikant van Fouriesburg, ná ’n lang siekte opgestaan, sy kerk se kansel bestyg en sy gemeente meegedeel dat hy tydens sy siekte in die gees na die hemel gereis het.

De Kock was die eerste opgetekende Suid-Afrikaner wat ’n nabye-doodservaring gehad het.

Hy het later sy ervarings in ’n pamflet, Op die grense van die ewigheid, neergepen en tot in die 1950’s deur die land gereis om oor sy ervarings te preek.

Hy het vertel in die hiernamaals het al sy sondes en goeie dade voor sy geestesoog afgespeel, dat hy hom ’n laaste keer teen die duiwel moes verdedig en dat hy Christus self, “staande als een Lam geslacht”, gesien het.

In die jare sedertdien het talle boeke met vooruitskattings van die hiernamaals verskyn.

Selfs dr. Izak Burger, president van die AGS, het al in ’n boek, Die eerste vyf minute ná die dood, vertel wat mense ná hul heengaan kan verwag.

Maar môre kry die genre van nadoodse-literatuur nuwe lewe wanneer Proof of Heaven, deur dr. Eben Alexander, gepubliseer word.

Alexander, ’n neurochirurg wat al onder meer aan die Harvard- mediese skool klas gegee het, het die wêreld aan die gons danksy ’n voorbladartikel genaamd “Heaven is Real”, in verlede week se Newsweek.

Daarin vertel Alexander hy het in 2008 weens breinvliesontsteking in ’n koma beland en was vir alle praktiese doeleindes breindood. In dié tyd, so vertel hy, het hy die hemel besoek.

Daar is hy omring deur wolke en skoenlappers. Hy het ’n geluid soos ’n trompetgeskal gehoor. ’n Vrou in ’n blou en appelkooskleurige rok het hom vertel dat hy onvoorwaardelik liefgekry word.

Wat dié visioen merkwaardig maak, sê Alexander, is dat sy neurokorteks tydens sy koma heeltemal afgeskakel was.

Sy visioen kan dus nie ’n biologiese oorsprong hê nie. Dit bewys dat die hemel bestaan.

Die reaksie op die artikel was enorm en Alexander se boek sal na verwagting van die rakke vlieg. Maar kritici meen dié relaas moet met ’n knippie sout geneem word.

Die skrywer en neuroloog Sam Harris skryf in ’n repliek daar is geen manier om te bewys dat Alexander sy visioen gesien het terwyl sy neurokorteks af was nie – hy kon dit ook beleef het terwyl hy besig was om te ontwaak. Boonop is dit nie ’n bewese feit dat sy brein heeltemal onaktief sou wees in sy soort koma nie.

Én sy visioen toon merkwaardige ooreenkomste met die visioene van mense wat psigedeliese dwelms gebruik het – iets wat op ’n biologiese oorsprong dui.

Rapport het kers opgesteek by dr. Piet Müller van Pretoria, wat onlangs ’n boek oor nabye-doodservarings, Sal ons nog droom as ons dood is?, geskryf het. Müller wys op ’n studie in die Britse vaktydskrif The Lancet in 2001 waarvolgens meer as 12% van mense wat hartstilstand beleef, ook nabye-doodservarings beleef.

Dit is dus redelik algemeen.

Volgens Müller is dié visioene opvallend kultuurgebonde.

Christene sien engele, terwyl Hindoes Indiese gode sien.

Hy betwyfel nie dat dié visioene op werklike subjektiewe ervarings dui nie, hoewel gevalle soos dié van Alexander, waar die mense baie inligting verskaf, volgens Müller verdag is.

Dit dui egter op geldige wetenskaplike vrae oor die verband tussen bewussyn en die menslike brein, en spesifiek in hoe ’n mate mens se bewussyn kan voortbestaan as normale breinfunksie opgehou het.

Hannelie Booyens, joernalistiekdosent aan die Noordwes-Universiteit, meen Newsweek se finansiële uitdagings (die tydskrif het Donderdag aangekondig dat sy drukuitgawe gestaak word) verklaar dalk hoekom hulle Alexander se storie op hul voorblad geplaas het sonder enige aanduiding dat die inhoud wetenskaplik twyfelagtig is.

“Hoe meer druk daar op publikasies is, hoe meer word sulke sensasionele stories geplaas. Ek is seker die redaksionele vergadering waarop die tydskrif besluit het om daardie voorblad­artikel te plaas, is nie met gebed geopen nie. Dit was ’n siniese besluit om soveel moontlik opslae te maak en mense aan die praat te kry.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
335 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Controller

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.