Werker ‘dae lank gemartel op plaas’

2012-07-07 23:30

’n Boer van Carletonville en twee vriende staar aanklagte van poging tot moord, menseroof en aanranding in die gesig weens die beweerde aanranding van ’n plaaswerker.

Dít nadat ’n plaaswerker, Puseletso Sibeko (26), in ’n polisieverklaring beweer het dat hy ’n naweek lank gemartel is ná ’n onderonsie oor harde musiek.

Die hoofverdagte in die saak is Sibeko se voormalige werkgewer, Jacques Gouws.

Sy medebeskuldigdes is Willem Meyer en Susan Janse van Vuuren. Al drie is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Volgens sers. Busi Menoe, polisiewoordvoerder, het die beweerde marteling op ­1 Junie begin nadat Gouws Sibeko gekonfronteer het oor harde musiek en luidrugtigheid by die werkers se slaapkamers.

Luidens die verklaring het Gouws glo Sibeko rassistiese opmerkings toegesnou, doodsdreigemente gemaak en met ’n haelgeweer ’n skoot in die lug afgevuur voordat Sibeko met die geweer in die gesig en op sy mond geslaan is.

“Die volgende oggend het Gouws Sibeko glo met die vuis geslaan omdat hy van die werk weggebly het weens sy beserings,” het Menoe gesê. Later die dag het Gouws Sibeko glo weer genader oor ’n geraas.

Sibeko het glo probeer vlug en is met ’n haelgeweer in sy regtergewrig geskiet.

“Gouws en Meyer het daarna na bewering Sibeko se hande en voete agter sy rug vasgemaak en ’n lap in sy mond gedruk.”

Luidens Sibeko se polisieverklaring is hy daarna herhaaldelik deur Gouws met ’n skokmasjien geskok. Meyer het toegekyk.

Sibeko beweer hy is later na ’n asgat gesleep en ingegooi waar hy van omstreeks 14:30 tot 20:00 gelê het. Gouws en Janse van Vuuren het glo later teruggekeer en ­Sibeko agterop Gouws se bakkie gelaai.

Hy is glo na ’n stoorkamer geneem waar ’n nuwe lap in sy mond gedruk is. “Die toue om sy hande is glo ook losser gemaak.”
Gouws het glo gedreig dat hy en sy vriende die volgende oggend sal terugkeer om Sibeko dood te maak.

Teen die derde dag, 3 Junie, was Sibeko glo te swak om op te staan en het Gouws glo Sibeko se broer, Silas, geroep om hom te help. Silas beweer in polisieverklarings dat Gouws aan hom gesê het Sibeko het by die stoorkamer rondgesluip in die nag en dat ’n hond hom gebyt het. Silas het die voorval by die polisie aangemeld.

Die saak het Vrydag weer in die distrikshof in Carletonville voorgekom en is uitgestel tot 20 Julie vir verdere ondersoek.

Gouws wou nie kommentaar lewer nie, maar het wel gesê dit is ’n “klomp k*k”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.