Wie is die vark in hierdie verhaal?

2012-08-26 21:34

Die skrywer André P. Brink glo duidelik in die spreekwoord dat wraak ’n dis is wat jy koud moet voorsit.

Byna drie jaar ná die storm oor sy aanvaarding van ’n beurs van R350?000, gefinansier deur die nalatenskap van sy mede-Sestiger Jan Rabie en dié se kunstenaarvrou, Marjorie Wallace, het Brink wraak geneem op sy kritici deur onvleiende verwysings na hulle in sy jongste roman, Philida.

’n Vet en nuttelose vark, asook ’n “trassie-hen” wat kekkel sonder om ooit ’n eier te lê, is genoem na twee van sy kritici van destyds. (’n Trassie is ’n tweeslagtige dier, maar in Kaapse Afrikaans verwys dit ook na ’n fopdosser.)

Die vark se naam is Hamboud, wat sinspeel op die digter en letterkundige Joan Hambidge, en die hen Zelda, die afgetrede Rapport-joernalis Zelda Jongbloed.

Brink, wat meer as 25 romans op sy kerfstok het, en die trustees van die Rabie/Wallace-beurs is destyds gekritiseer omdat talle medeskrywers gevoel het die bedoeling met die erflating was dat die beurs, die grootste in sy soort in Afrikaans, aan opkomende skrywers moes gaan.

Brink se wraak, asook dat hy die onmin self oprakel deur pertinent in die nawoord van Philida daarna te verwys, plaas dié gebeure weer voorop in sy lesers se gedagtes.

Baie sal wonder of hy nie moes ag slaan op ’n ander ou spreekwoord nie, dié van Confucius: Voor jy op ’n reis van wraak vertrek, grawe twéé grafte.

Brink kry sy stekie reeds op bl. 13 van die Afrikaanse uitgawe in, wanneer Philida vertel: “Toe’t ons eerste by die groot ou varksog verbygekom, dis nou Hamboud. Die Oubaas wou haar lankal slag oor sy so ’n niksnut is, maar die Ounooi bly aanhou ons moet wag dat haar vetgathamboude nog groter word.”

In dieselfde toneel verwys hy na Zelda, die “mal trassiehen?… wat nooit ’n donnerse eier kan lê nie, maar altyd kekkel soos ’n mal ding elke slag”.

Hambidge sê dis nie die eerste keer dat sy as fiksionele karakter in “ons dierbare letterkunde” figureer nie. “Die lys is lank. Die tradisie (om jou vyande só by te kom) ook.”

Jongbloed sê die deursigtige poging om haar belaglik te maak omdat sy gedurf het om “die grote Brink” te kritiseer, is verstommend kleinlik.

“Dit dui op ’n skokkende onverdraagsaamheid en onvermoë om kritiek te verwerk, al kom dit ook van ’n hennerige joernalis van kleur.

“Ek weet nie hoekom Brink my kritiek so persoonlik beleef nie.

“Skuldgevoelens dalk? Dis duidelik dat selfs die slim man wat mense sê hy glo is, nie my kritiek verstaan of wil verstaan nie. Ek gaan dit stadig sê: Dit het niks te make met Brink se vermoë om ’n trefferboek te skryf op die rug van mý voorsate se geskiedenis nie. Natuurlik sou ’n skrywer van sy statuur en vermoëns ’n goeie boek kon skryf.

“My kritiek was dat Marjorie Wallace baie duidelike bedoelings met die beurs gehad het – naamlik dat opkomende skrywers bemagtig word om ’n jaar lank sonder geldelike kwellinge te skryf. Toe word dit gegee aan ’n bevoorregte en gevestigde wit Afrikaanse skrywer wat om etiese redes nooit daarvoor aansoek moes gedoen het nie.”

Brink was volgens sy uitgewer uitstedig en het nie gereageer op ’n e-pos met vrae oor dié aangeleentheid nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.