Wiese oor taksfortuin getakel

2012-08-13 10:45

Die sakemagnaat Christo Wiese, die derde rykste man in Suid-Afrika, skuld die belastinggaarder nagenoeg R2 miljard (oftewel R2 000 000 000).

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se belastingaanslag aan Wiese is die grootste in Suid-Afrika se geskiedenis.

Media24 se ondersoekspan het vasgestel ’n deurtastende oudit deur die SAID het ontdek Wiese het oor baie jare na bewering sy reuse-rykdom na ’n netwerk van trusts, “private” maatskappye en buitelandse bankrekenings gekanaliseer.

Volgens onberispelike bronne het die SAID Wiese ’n jaar gelede vir R1 miljard se belasting aangeslaan.

Wiese het toe honderdmiljoene rande as sekuriteit aan die SAID betaal en met die belastinggaarder begin onderhandel.

’n Deurlopende oudit en evaluering het nou blootgelê dat Wiese die SAID nóg ’n geraamde R1 miljard in onbetaalde belasting skuld.

Die ondersoek duur steeds voort.

Media24 se ondersoekspan het verneem Wiese gaan na verwagting probeer om ’n skikkingsooreenkoms met die SAID aan te gaan. Hiervolgens sal hy na verwagting ongeveer die helfte betaal van wat hy skuld.

Wiese het die afgelope week geweier om op ’n reeks vrae van Media24 se ondersoekspan te antwoord. Hy sê daar is “neergelegde prosedures waarkragtens belastinggeskille tussen enige belasting­betaler en die SAID bygelê kan word” en hy is nie bereid om “belastinggeskille wat daar mag bestaan in die media te probeer besleg nie”.

Wiese sê sy buitelandse belange word jaarliks “ingevolge die voorskrifte van die wet by die SAID op rekord geplaas” en daar is geen rede om oorsee oor sy sake navraag te doen nie.

Adrian Lackay, die SAID se woordvoerder, was net bereid om te sê die belastinggaarder mag nie kommentaar lewer oor die sake van enige belastingbetaler nie.

Volgens die tydskrif Forbes is die 71-jarige Wiese nagenoeg R25 miljard werd en sy rykdom word in Suid-Afrika net oortref deur dié van die mynmagnaat Nicky Oppenheimer en Johann Rupert en hul families.

Wiese, ’n Wes-Kaapse nyweraar en kleinhandelmagnaat wat ook voorsitter is van Pepkor, Shoprite en Tradehold, is die 367ste rykste man ter wêreld.

Die SAID het onlangs aangekondig hy het op 9 300 Suid-Afrikaners afgekom wat nagelaat het om hul billike deel van belasting te betaal. Dié mense se rykdom oorskry elkeen R75 miljoen en hulle almal het verlede jaar meer as R7 miljoen verdien.

Dié 9 300 individue is poten­sieel verantwoordelik vir ’n belastingtekort van R50 miljard. ’n Kwart van hulle se name verskyn in die SAID se register, maar hulle betaal nie voldoende belasting nie, terwyl sowat  7 000 nie geregistreer is nie.

Die SAID se ondersoek na Wiese is geprikkel nadat Britse doeane- en aksynsbeamptes hom in 2009 op ’n Londense lughawe voorgekeer en beslag gelê het op bykans £700 000 (meer as R8 miljoen) wat hy in ’n tas by hom gehad het.

Hy het toe verduidelik die geld was afkomstig van diamanttransaksies en dat dit jare lank in ’n veiligheidsdeposito-houer in Londen gelê het.

Wiese het later ’n hofaansoek in Londen gebring en die geld is onlangs aan hom terugbesorg. Sy prokureur het in die hof gesê die £700 000 “is minder as twee weke se inkomste en weerspieël ’n klein fraksie van sy ­bates”.

Die SAID se ondersoekbeamptes het vasgestel Wiese het deur die jare ’n relatief onbeduidende belasbare inkomste, wat in skerp kontras met sy ooglopende rykdom is, verklaar.

Die ondersoek het daarna afgekom op ’n netwerk van trustrekeninge en “private” maatskappye. Wiese het glo ook gebruik gemaak van ingewikkelde finansiële ooreenkomste.

Die SAID het ook vasgestel Wiese het verskeie buitelandse rekeninge in sogenaamde “belastingparadyse”.

Dit is lande soos Ciprus en die Kaaimanseilande waar belastingkoerse laag is en banke dikwels ’n groot mate van vertroulikheid aan sy kliënte beloof.

* Belastingwetgewing maak voorsiening vir ’n boete of tronkstraf vir iemand wat met voorbedagte rade belasting ontduik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dave Du Plessis sê... . En Rieks, to eek hom eendag op sy geboortenaam 'Blip' gevvra het wat sy geloofsoortuigings is, het hy hom daarvan weerhou om homself daaroor uit te spreek. Baie vol van homself (en dit is waarop ek hom toe gewys het) om ander wat hul Geloof uitspreek, aan te val, maar weier om sy eie uit te spreek. Vandat hy van naam tot naam rondval en profielfotos van andere gebruik, blyk hy 'n uitgesproke ateïs te wees. 'Johannes Someything' met 'n swart profielfoto het weer plek gemaak vir 'Drama Queen' met 'n soort van Charlie Chaplin gesig. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.