"Wil julle sterf?"

2012-12-01 23:58

Adam Barnard vertel hoe ’n rower hom Vrydagoggend met ’n strykyster gebrand het om uit te vind of daar geld en wapens in die huis is. Van links is Nico Raats, Adam se vrou, Daleen, en ­Adam jr. Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die polisie was gister nog op soek na vier verdagtes wat Vrydag ’n 94-jarige verswakte vrou van Brits en haar gesinslede wreed aangerand en haar seun geskiet het. 


Die aanvallers het Maria Barnard omgestamp, geskop, met die vuis geslaan, deur die gesig geklap en met ’n warm pan gebrand. 

Sy en sewe ander mense is vroegoggend op ’n plaas naby dié dorp in Noordwes aangeval. Haar seun Hekkie (74) is doodgeskiet en haar ander seun Nico (62) is in die maag geskiet. 

Hy was gister nog in die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria. 

Haar 16-jarige agterkleinkind, Nico Raats, is met ’n mes gesteek. 

In ’n ander huis op die plaas is ook die gesin van Maria se kleinkind Adam Barnard vroeër die nag aangeval. 

Adam (42) het gister gesê dit was voor 02:00 toe hy en sy vrou, Daleen, wakker word en twee rowers langs hul bed sien. 

Hulle het ná die aanval agtergekom hul honde is vergiftig. Die rowers het hul hande vasgebind en geld en wapens geëis. 

Hulle het in Engels gevra: “Wil julle doodgaan?” en een het in ’n stadium die woord verkragting genoem. 

“Hy het gelukkig toe omgedraai en weggeloop,” sê Daleen. 

Die rowers het Adam met ’n strykyster op die bobeen gebrand, maar het opgehou toe hy besef daar is nie meer geld in die huis nie. 

Nog twee rowers het in ’n sta­dium hul seuns, Jacobus (12) en Adam (14), na die hoofslaapkamer gebring. 

Adam jr. sê hy is in sy kamer met ’n geweerkolf teen die kop geslaan. 

Die rowers het lank in hul huis gebly, kaste omgedolwe en hulle aan kos gehelp. 

Van hulle is omstreeks 05:15 na die ander plaashuis. 

“Ons het skote gehoor en gehoor hoe iemand skree,” sê Daleen. 

Hulle sou later uitvind dat Nico geskiet is toe hy die agterdeur oopgemaak het om ’n sigaret te gaan rook. Raats, Nico se kleinkind, is met ’n mes in sy kamer aangeval en ook later toe hy sy oumagrootjie wou help. 

Adam het Hekkie in sy kamer gevind, waar hy klaarblyklik in ’n struweling met ’n rower was. 

“Daar was baie bloed. Hy het nog gelewe en geprewel.” Hy is later deur paramedici na buite gedra, waar hy dood is. 

Adam was vol lof vir almal wat hulle sedert die voorval bygestaan het: die polisie, ’n veiligheidsonderneming, die paramedici, medici by die Brits-distrikshospitaal en onbekendes. 

So het ’n onbekende man langs die pad sy selfoon “met net R1,50 daarop” aan hom geleen sodat Adam noodoproepe kon maak nadat al hul selfone gesteel is. 

Ao. Mpeile Talane, polisiewoordvoerder van Brits, het gistermiddag gesê die polisie soek na vier verdagtes. 

Volgens hom is onder meer ses selfone, drie wapens, R10 000, drie skootrekenaars en ’n Nissan Navara-bakkie gesteel wat later in die omgewing gevind is. 

Johan Barnard, seun van Maria, het gister gesê “Oumatjie” het Vrydagnag ’n goeie nagrus gehad, redelik geëet en ’n bietjie gesels, maar sy was bang en getraumatiseer. 

Nicolene Barnard, dogter van ­Nico Barnard, het gesê dit gaan “baie goed” met haar pa.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.