‘Wittes moet uit Kagiso wegbly’

2010-11-27 23:54

Me. Angie Pitzer, haar man, Mark, hul seuns, Ian (9) en Michael (5), en hul 3 maande oue baba, Bernadette.| Foto: Loanna Hoffmann

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 ’n Rastwis het uitgebreek in Kagiso, waar 25 arm wit gesinne aansoek gedoen het om Hop-huise in dié township naby Krugersdorp.

Die 25 gesinne, waarvan sommige op straat bly, beweer hulle het al tien jaar gelede om huise aansoek gedoen. Hulle sê ras behoort nie ’n rol te speel in die toekenning van huise aan armes nie.

“Ek is nie iemand vir politiek nie; ek bly maar net hoop en bid dat ek ’n huis kan kry,” sê me. Johanna Putter (60).

Maar mnr. Luyanda Njomane, sekretaris-generaal van die South African National Civic Organisation (Sanco) in Kagiso, sê wittes is nie welkom in Kagiso nie omdat hulle “voorgetrek” word. “Ons soek bewyse dat hulle wettig aansoek gedoen het vir hul huise.

“Anders sal ons saamstaan en keer dat hulle hier kom bly,” waarsku hy.

Putter sê sy en haar man, Christo (34), bly die laaste paar jaar op straat en slaap onder kartonbokse.

“Ek gee nie om waar die huis is wat die regering vir my gee nie. Ek sal net dankbaar wees dat ons nie meer op straat hoef te wees nie en as ons deur die gemeenskap aanvaar word.”

Sy sê sy en Christo werk albei as karwagte in Krugersdorp en hul maandelikse inkomste beloop sowat R1 500.

Nog een van die hoopvolles, mnr. Mark Pitzer (32), sê: “?’n Huis bly ’n huis, maak nie saak waar dit is nie.”

Putter het verlede maand gehoor hy is op ’n waglys geplaas vir ’n huis in Kagiso nadat hy ’n dekade gelede daarvoor aansoek gedoen het. “Ons sal verskriklik dankbaar wees om weg te kom uit ons omstandighede en ons eie huis te kan hê.”

Pitzer deel ’n kamer met sy vrou, Angie, hul twee seuns, Ian (9) en Michael (5), en babadogter, Bernadette (3 maande).
Nog ’n gesin woon in die huis se enigste ander slaapvertrek.

Pitzer is in 2000 gedeeltelik verlam in ’n transitorooftog toe hy as ’n veiligheidswag gewerk het. Sy gesin moet sedertdien op sy ongeskiktheidstoelae van R1?080 per maand oorleef.

Me. Anita van Niekerk (34) sê haar gesin sal nie sukkel om aan te pas in Kagiso nie. “My man, Gerrit, plaat vlot Fanagalo (’n mengeltaal wat vir gebruik in myne ontwikkel is) en my beste vriendin is swart. My seun Gerrit (10) se beste maatjies op skool is ook swart.

“En ons het klaar vriende in Kagiso gemaak by die kerk se selgroep.

“Ek weet ons sal lekker daar bly.”

Van Niekerk sê hulle behoort maklik aanvaar te word omdat hulle hul bure sal respekteer. “Ek kan jou beloof – hulle is nie haatdraend nie en hulle maak maklik vriende.”

Die gesin se inkomste is volgens haar minder as R2 000 per maand.

Njomane beweer dié wit gesinne het eers in 2001 en later aansoek gedoen vir huise, terwyl swart gesinne dit reeds in 1996 gedoen het.

“Dit wys die Mogale City-stadsraad weet nie wat aangaan met sy waglyste nie,” sê Njomane.

Mnr. Nkosana Zili, Mogale City-woordvoerder, sê die stadsraad beskou armoede as ’n probleem wat onder alle bevolkingsgroepe voorkom. Ras is nie bepalend as dit kom by die toekenning van huise nie.

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

stephan.griesel sê... net omdat daar nou 'n bok op logo is nou is dit duiwels. belaglik!! bly om te hoor dit gaan steeds voort. hopelik skrik die persoon wat die email gestuur het wakker na die show en sien wat hulle nog altyd op uit mis. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Cruze 1.6 LS
2011
R 199,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY02
2004
R 99,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Trendline 5-dr
2011
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.