‘Wonderbome’ lyk na verneukspul

2013-02-23 23:04

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Wonderwerk-bome” wat bio-diesel verskaf en selfs ’n einde aan wanvoeding kan maak...

Dis hoe ’n reuse-geldmaak­geleentheid bemark word vir mense wat “graag in hul toekoms wil belê”.

Na raming kan beleggers wêreldwyd straks byna R800 miljoen verloor weens die moont­like likwidasie van ’n maatskappy wat bedryf word uit luukse kantore in die Kaapstadse Waterfront.

Hy beskou dit as een van die grootste piramide-bedrogskemas tot nog toe, sê ’n regsgeleerde in ’n beëdigde verklaring wat hy Vrydag by die Kaapse hooggeregshof ingedien het.

Volgens dié prokureur het die beleggingsgroep Insight telemeisies en bemarkers ingespan om mense van regoor die wêreld te lok om geld te stort in die “opbrengs van die Moringaboom”, of “miracle tree”, in Mosambiek om ’n sogenaamde top-inkomste te skep.

Op hul webwerf (www.insightgroupplc.com) sê die groep hy het ook kantore in Hongkong, die Seychelle en Gambië. En al wat beleggers moes doen, is om ’n paar hektaar boom-aanplantings te “koop” teen sowat R30?000/ha, met die belofte van ’n goeie opbrengs op jou belegging.

Maar eergister het ’n aanvanklik gretige belegger van Polo­kwane, Sydney Kloppers (39), genoeg gehad van leë beloftes en ’n aansoek in die Kaapse hooggeregshof gebring dat Insight gelikwideer word.

Kloppers het twee jaar gelede oor die R100 000 aan Insight weggeteken en tot vandag nog nie ’n sent se opbrengs daarop gesien het nie.

Hy is glo die afgelope jaar ook van bakboord na stuurboord gestuur toe die “Mosambiekse arm” van die projek “misluk” het en ’n nuwe een glo in Gambië begin is. “Ek bring die aansoek in my persoonlike hoedanigheid, maar ek verteenwoordig ’n groot groep beleggers,” lui sy hofstukke.

Kloppers sê hy het sowat R30 000/ha betaal vir 4 ha Moringa-bome wat hy aangeskaf het ($3 312,50).

“As in gedagte gehou word dat 30 000 ha te koop aangebied is, beteken dit R795 000 000 ($99 375 000) is moontlik uit beleggers verkry.”

Kloppers se aansoek word aangevul deur ’n beëdigde verklaring van ’n Bellville-prokureur, Derick de Villiers, wat lui hy is einde 2010 genader om as regsadviseur vir Insight op te tree.

Hy was aanvanklik beïndruk deur hul werkwyse, asook die bestuurders – ene Joseph Upchurch en James Rowlatt.

De Villiers sê dit het hom egter gehinder dat die bemarkingsinligting “vaag” was.

“Insight se bestuursmaatskappy, Platinum, sou die boom Moringa Olyfeira, in Mosambiek plant. Dis ’n boom wat sowat 2?m hoog word. In Mosambiek is dit bekend as die ‘wonderwerk-boom’ vanweë sy voedsame blare. Insight wou biodiesel van die sade produseer. Die belegger kan dan geld belê in die reg om die grond te bewerk, of Platinum vra om dit namens hom te doen.”

Eersgenoemde opsie “is belaglik, want dis 14?000 km weg van die hoofbron van beleggers, naamlik Engeland”.

De Villiers sê in sy verklaring die maatskappybestuur het later met nog ’n idee vorendag gekom, naamlik om ’n grassoort met die naam Miscanthus Gigantheus, wat soorgelyke eienskappe het, te vestig.

De Villiers het begin lont ruik en na Mosambiek gereis om die “aanplantingsgrond” te besoek.

“Ek het ook met die plaaslike inwoners gesels. Ek het gesoek. Daar is nêrens sulke grond nie.”

Ná talle konfrontasies oor die “onetiese, oneerlike” optrede van die maatskappy het De Villiers bedank.

“Ek twyfel nie daaraan dat dit ’n piramide- of Ponzi-skema is waar ou beleggers deur nuwes betaal word nie. ’n Suid-Afrikaanse maatskappy is geskep om massiewe bedrog regdeur die wêreld te pleeg. Die beleggers kom meestal uit Engeland, maar tot so ver as Indië.”

Kloppers se saak word behartig deur Serf Hurter Prokureurs van Bellville.

* Rapport het navrae gestuur na vier afdelings van Insight wat op die webblad getoon word. Al vier e-posse het onmiddellik teruggebons. Die landlyn van die kantoor lui nie, net ’n beset- of ontkoppelingstoon word gehoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Dis baie mooi werk, maar nou het julle sy loon gesteel, deur dit alles uit te bassuin vir almal om te sien en hom te prys! Vader se, doen jou goeie dade dat jou regterhand nie weet wat jou linkerhand doen nie, dan sal jou loon groot wees, maar, basuin dit uit en jy het jou loon gehad: Mat 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Mat 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geeer kan word nie. Voorwaar Ek se vir julle, hulle het hul loon weg. Mat 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, Mat 6:4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. Sterkte aan die mense wat help daar, dit is 'n bitter stryd, hou moed en bly sterk in jul Skepper se Naam! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Overborder Manager

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Overborder Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.