Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Word Woods se tier hier getem?

2010-01-16 22:54

“Tiger, indien jy in Afrika is... kom na vore, gesels oor alles waardeur jy gaan. Gebruik die geleentheid om mense op te voed oor jou toestand en word ’n rolmodel vir mans.”

Dít is die ope uitnodiging wat dr. Marlene Wasserman aan die bekende gholfspeler rig. Sy is ook bekend as dr. Eve, een van die land se bekendste seksterapeute.

Wasserman sê sy kan nie voorbly met navrae oor seksverslawing nie sedert gerugte die ronde begin doen het dat die sportster in Montrose Place in Bischopscourt, Kaapstad, behandel word.

Volgens haar is die term “seksverslaafde” kwetsend en sensasiegedrewe.

“Obsessief-kompulsiewe seksuele sindroom is ’n angsafwyking. Mense besef nie hóé ernstig dit is of hóé moeilik dit is vir diegene wat daaraan ly nie.

“Mense wat aan obsessief-kompulsiewe seksuele sindroom ly, het gewoonlik ook ’n ander verslawing, hetsy drank, dwelms, dobbel of wat ook al. Dis ’n impuls waaroor hulle geen beheer het nie.

“In Tiger se geval kan sy ‘ander verslawing’ gholf wees, maar hy het dit in iets positiefs omskep.”

Sy sê dis meestal mans wat daaraan ly – gewoonlik magtige, intelligente mans.

“Hierdie mans moet altyd in beheer wees, en as hulle nie is nie, raak hulle angstig.”

Volgens haar wéét dié mans as hulle byvoorbeeld ’n prostituut optel, is die kans goed dat hulle iets of iemand kan verloor.

Hulle kan dit egter nie verhelp nie, want angstigheid dryf hulle.

Wasserman sê die kans op volkome herstel is baie klein. “As jy ’n verslawing soos aan drank behandel, moet die persoon nooit weer sy lippe aan drank sit nie. Hoe sê jy vir ’n man om nooit weer seks te hê of na ’n kaal vrou te kyk nie?”

Volgens haar is daar wel terapie en medikasie wat die pasiënt “veilig” kan hou.

Die seksterapeut sê daar is wêreldwyd min geriewe wat spesifiek daar is om dié sindroom te behandel. Sy twyfel of hy wel in Suid-Afrika is.

“Montrose bied ’n tradisionele verslawingsbehandelingsprogram met, sover my kennis strek, geen gespesialiseerde dienste om obsessief-kompulsiewe seksuele sindroom te behandel nie.

“Sou die mense wat vir Tiger omgee, hom nie eerder na ’n kliniek in Amerika stuur waar mense wat in dié rigting spesialiseer hom kan behandel nie?”

- Die vyfster-Montrose Place in die rykmansbuurt Bischopscourt wou die afgelope week nie erken of ontken dat Woods daar is nie.

By Rapport se besoek aan die kliniek het die veiligheidswag by die hek die fotograaf aan die arm gegryp en hom gedwing om foto’s wat hy van die vooraansig geneem het, van sy kamera te verwyder.

Akteurs ook verslaag aan seks

Tiger Woods is nie die enigste in die ruveld van seksverslawing nie.

Die akteur Michael Douglas is in die vroeë 1990’s in ’n kliniek in Los Angeles behandel nadat sy eks-vrou hom as ’n seksverslaafde bestempel het. En soos Woods het hy ’n “rondloperboete” aan sy huidige vrou, Catherine Zeta- Jones, betaal wanneer sy hom betrap het dat hy ’n ander bedmaat opsoek.

Die 72-jarige akteur Jack Nicholson erken ruiterlik hy is gek na seks. Hy het sover bekend vier buite-egtelike kinders. Nicholson sê om ’n kondoom te gebruik is “soos om ’n warm vullissak” tydens seks te gebruik.

Charlie Sheen van Two and a Half Men-faam is op die oomblik in die nuus oor geweld teenoor sy vrou op Kersdag. Hy het glo al by meer as 5?000 vroue geslaap en word deur die tydskrif Maxim as “ ’n lewende sekslegende” beskryf.

David Duchovny, die ster van Californication, het in 2008 by ’n sentrum vir seksverslawing aangemeld nadat hy nie internet-pornografie kon uitlos nie.

Ook Eric Benet, vervreemde man van die aktrise Halle Berry, het in 2002 by ’n rehabilitasiesentrum aangemeld waar hy behandel is.

Die Britse komediant Russell Brand het onlangs ’n week in ’n sentrum in Philadelphia deurgebring weens seksverslawing.

Bronne: www.entertainmentwise.com; www.abcnes.go.com.

- Rapport

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Manager Finance

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 210,000.00

MERCEDES-BENZ

E 320 CDI
2005
R 209,995.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2009
R 145,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...