Wors se gemors

2013-02-02 23:26

Lizz Meiring en Willie Esterhuizen in ’n toneel uit die rolprent Molly & Wors, gegrond op die gelyknamige reeks op kykNET.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Molly & Wors, die gewildste reeks op kykNET, is nie meer op die kassie nie, maar in Junie is die vetties terug – op die silwerdoek. Dié keer vat hulle hul kaskenades na die strate van Hollywood en Amsterdam.

Die storie loop so: Wors se werk besluit om hom Nederland toe te stuur. Molly gaan saam.

In Amsterdam is “die rook van boom en die besoek aan die dames van die nag mos so te sê verpligtend, of hoe?”

Dan besluit hulle om sommer in die glansryke Hollywood te gaan vakansie hou.

En hier, vertel vervaardiger en akteur Willie Esterhuizen, jaag Wors soveel bollie aan dat Molly hom net daar wil los.

“Julle gaan Molly en Wors sien soos nog nooit tevore nie.

“Die twee karakters gaan deur elke moontlike emosie in hierdie fliek. Veral Molly. Sy gaan deur hel,” sê Willie.

Die fliek is ’n bietjie anders as die reeks, sê hy.

“Ons sit nie soos vier vetties om ’n tafel nie. Hier is ons oral in die buiteland en jaag lekker aan.”

Willie sê ná vyf suksesvolle reekse op kykNET sluit hy nou die hoofstuk af met ’n vollengte- fliek wat die lagspiere behoorlik sal kielie.

“Kyk, almal gaan hou altyd vakansie in Margate, maar wanneer jy vir Wors met sy Mar­gate-mentaliteit Amerika en Amsterdam toe stuur, kan jy net indink watse bollie hy gaan aanjaag.”

Die fliek is in September verlede jaar in Long Beach, Kalifornië, en in Amsterdam, Nederland, geskiet. Dis baie ongewoon vir ’n Afrikaanse fliek om oorsee geskiet te word, maar Willie sê hulle het dit gedoen om vir die kyker vars inhoud te gee.

Die enigste uitdaging waarmee hy oorsee geworstel het, was om 74 uur op vliegtuie tussen die stede met die aktrise Lizz Meiring (Molly) deur te bring...

Hy sê ook ouers hoef nie bekommerd te wees om hul kinders se oë en ore toe te hou vir vloekwoorde en stoute storielyne nie.

“Die fliek is bedoel vir alle ouderdomme en is niks rowwer as die reeks nie. Ons wil nie die getroue Molly & Wors-kykers die hel in maak nie.”

Ander akteurs wat in die rolprent te sien is, is Ben Kruger, Marcel van Heerden, Hanli Rolfes, Karen Wessels, Alvin Bruinders, Liane Heyl en die grapjas Joey Rasdien.

Die fliek is deur kykNET geborg en is van 7 Junie in NuMetro-teaters te sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Sales Consultant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.